Fidjiaanse nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Fidji nasional rugbyspan)
Spring na: navigasie, soek
Fidji
Unie Fidjiaanse Rugbyunie
Bynaam(e) Vlieënde Fidjiane
Embleem die Palmboom
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland John McKee[1]
Kaptein(s) Akapusi Qera
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Nicky Little (71)
Meeste toetspunte Nicky Little (670)
Meeste drieë Sanivalati Laulau (20)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Samoa Samoa 0 – 6 Fidji Vlag van Fidji
(18 Augustus 1924)[2]
Grootste oorwinning
Vlag van Niue Niue 4 – 120 Fidji Vlag van Fidji
(10 September 1983)[3]
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 91 – 0 Fidji Vlag van Fidji
(10 Junie 2005)[4]
Wêreldbeker
Verskynings 6 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Kwarteindstryd 1987, 2007
Unie webwerf
www.fijirugby.com
Lynstaan tydens Fidji se poelwedstryd teen Kanada in die Rugbywêreldbeker 2007
Fidji voer die cibi tydens die Rugbywêreldbeker 2011 teen Suid-Afrika op

Die Fidjiaanse nasionale rugbyspan is 'n lid van die Stille Oseaan Eilande Rugbyalliansie (afkorting PIRA van Engels: Pacific Islands Rugby Alliance) te same met Samoa en Tonga. Die cibi-oorlogsdans (uitgespreek IFA: [ðimbi]) word voor elke toetswedstryd deur die Fidjiaanse span uitgevoer. Die oorlogsdans wat dateer uit die land se oorloë met naburige eilande word sedert 1939 op die rugbyveld gebruik.[5]

Fidji is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs Nieu-Seeland, Wallis, Samoa, Tonga en die Cookeilande kan soortgelyke bewerings maak.[6] Daar is ongeveer 80 000 geregistreerde spelers uit 'n totale bevolking van ongveer 950 000. Een van die probleme waarmee Fidji sukkel is om hulle spelers te kry om vir die nasionale span te speel aangesien baie kontrakte in Europa of met Super 14 spanne het wat vir spelers finansieel meer lonend is. Geld wat deur oorsese sterre huistoe gestuur word het 'n belangrike bron van sommige plaaslike gemeenskappe geword. Verder speel 'n beduidende aantal spelers wat vir Fidji verkiesbaar is vir Australië of Nieu-Seeland; twee noemenswaardige voorbeelde is die Fidjiaans gebore All Blacks neefs Joe Rokocoko en Sitiveni Sivivatu en Wallabies Vleuel Lote Tuqiri. Fidji het tot dusver die meeste Stille Oseaan Drie-Nasies Kampioenskappe van die drie deelnemende lande gewen. Fidji is tans 11dte op Wêreldrugby se wêreldranglys.

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Kwarteindstryd
1991 Poelfase
1995 Poelfase
1999 Kwarteindstryd uitspeelwedstryd
2003 Poelfase
2007 Kwarteindstryd
2011 Poelfase
2015 Poelfase

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) FRU Appoints New Flying Fijians Head Coach
  2. (en) Fiji / Match results”. ESPN. URL besoek op 4 September 2015.
  3. (en) Fiji's Results – 1983”. URL besoek op 1 Julie 2015.
  4. (en) Fiji's Results – 2005”. URL besoek op 1 Julie 2015.
  5. (en) Teivovo - The first word in Fijian rugby, HISTORY OF RUGBY IN FIJI - The origins of the cibi, Besoek op 6 Oktober 2007
  6. (en) TEIVOVO.COM – RUGBY HISTORY IN FIJI, Besoek op 6 Oktober 2007

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]