Flapnekverkleurmannetjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Flapnekverkleurmannetjie
Snags in die Kalahariwoestyn, Suid-Afrika
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Reptilia
Orde: Squamata
Suborde: Sauria
Familie: Chamaeleonidae
Genus: Chamaeleo
Spesie: C. dilepis
Binomiale naam
Chamaeleo dilepis
Leach, 1819

Die Flapnekverkleurmannetjie (Chamaeleo dilepis) is 'n verkleurmannetjie wat voorkom in die noorde van die Noord-Kaap, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die reptiel is 12 tot 17 cm lank en leef in boomveld, Karoostruikveld en grasveld.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

'n Flapnekverkleurmannetjie in die Limpopo-vallei, Botswana.
Die een is in Masindi, Uganda afgeneem

Die reptiel het 'n groot kop, keëlvormige oë en 'n grypstert. Die volwassenes is lig tot donkergroen van kleur, dikwels met wit vlekke. Hulle kan van kleur verander. Die verkleurmannetjie vreet vlieë en ander insekte. Die prooi word met die lang, klewerige tong gevang. Sy natuurlike vyande is die voëlslang, boomslang en spookvoël.

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Carpenter, A. I. and S. Sprawls. Chamaeleo dilepis. 2012 IUCN Red List of Threatened Species. Afgelaai op 26 Mei 2013.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]