Flappe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Flappe is 'n tipe toestel wat die hefkrag van 'n vlerk verhoog teen 'n gegewe lugspoed. Flappe word gewoonlik aan die agterkant van die vlerk aangetref. Hulle word gebruik om die minimum spoed van 'n vliegtuig waarteen dit veilig kan vlieg te verlaag. Dit verander ook die hoek van die vliegtuig waarteen dit land. Die flappe word ingetrek tydens vlugte aangesien dit ook die weerstand (Sleurkrag) vergroot.

Die posisie van die flappe op 'n tipiese straalvliegtuig.

Deur die flappe uit te skuif na agter word die vlerk se boog verleng wat weer die maksimum hefkrag van die vlerk verhoog. Dit laat die vliegtuig toe om die verwagte hefkrag op te wek teen laer snelhede, wat die stolsnelheid asook die minimum landingsnelheid verminder. Die verlenging van die vlerk se boog vergroot egter weerstand wat handig is tydens die aanloop tot die landing en die landing self omrede dit die vliegtuig se spoed verminder.

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.