Flip Buys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Flip Buys (P.W.J. Buys) is die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Hy is gebore op 1 Maart 1963 in Delareyville. Buys het aan die Potchefstroomse Universiteit asook die Randse Afrikaanse Universiteit studeer en 'n BA-graad verwerf.

As Uitvoerende Hoof van Solidariteit sedert 1997 het hy die ou Mynwerkersunie (MWU) uitgebou tot 'n groep van organisasies wat Afrikaans en die belange van die Afrikaner uitbou en verdedig. Hy het as arbeidsverhoudinge-offisier by Eskom begin werk in 1989 voordat hy as organiseerder na die MWU is. Hy het ook 'n ruk in die Volkstaatraad gedien wat voorstelle gemaak het vir die moontlike daarstel van 'n Volkstaat. Solidariteit, die huidige naam vir die voormalige MWU, se lidmaatskap het gestyg van ongeveer 30,000 tot 130,000 en bedien Afrikaners in verskeie bedrywe. Buys is ook die krag agter AfriForum, 'n burgerregte-organisasie wat hom beywer om Afrikaans en Afrikaners se regte te beskerm.

Buys is getroud en het 4 kinders. Hy het sy regteroog in 'n mesongeluk verloor toe hy 5 jaar oud was. Hy is lidmaat van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.