Florence Ribeiro

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Florence Ribiero)
Spring na: navigasie, soek
Florence Ribeiro
Bynaam Vemba
Geboortenaam Florence Barbara Mathe
Gebore 3 November 1933
Oorlede 1 Desember 1986 (op 53)
Nasionaliteit Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Ouers Henry and Kate Mathe
Alma mater Marianhill Convent by Inkemane en Inanda Convent in KwaMashu, Natal
Beroep Sakevrou
Ander poste, ampte Onderwyseres, politieke aktivis
Bekend vir Beskerming van slagoffers van apartheid en finansiële bystand aan behoeftige leerlinge. Dood in 'n sluipmoordaanval deur agente van die SAW
Huweliksmaat Fabian Ribeiro

Florence Ribeiro (née Mathe) is op 3 November 1933 gebore. Haar vader, Henry Mathe was 'n mynwerker, en haar moeder, Kate, 'n huishulp. Sy bekom haar onderwysdiploma in 1953, maar verlaat die onderwysprofessie in 1957, toe sy met Fabian Ribeiro, 'n mediese student, getroud is, om 'n sakevrou te word. Sy open 'n slaghuis en begin haar B.Com.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa). Sy kon nooit haar graad voltooi nie, omdat sy haar vier kinders, drie seuns en 'n dogter, moes grootmaak, en konsentreer op haar besigheid. Die politieke aktivis, Robert Sobukwe, wat met haar suster getroud was, het bygedra tot haar bewuswording van die ongeregtigheid van apartheid.[1]

Ribeiro en haar man het in Mamelodi gewoon, en het baie inligting oor die gruweldade van die apartheidsregering ontbloot. In Mamelodi help hulle om die slagoffers van apartheid te beskerm, en bied ook finansiële bystand aan behoeftige leerlinge. Hulle verbintenis tot geregtigheid het hulle egter duur te staan gekom toe hulle huis in 1986 afgebrand is. Na verskeie pogings op hul lewens tussen 1985 en 1986, is die egpaar tragies doodgeskiet in hul huis op 1 Desember 1986.[1]

In 1997 het die die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) bevind dat hulle dood 'n sluipmoordaanval was deur agente van die SAW.[2] Amnestie is in 1999 deur die WVK amnestiekomitee toegeken aan die sluipmoordenaars.[3]

Straatnaam[wysig | wysig bron]

Florence Ribeiro-weg (voorheen bekend as Koningin Wilhelmina-weg) in Pretoria is in 2012 na haar genoem.[4]

Ander Plekname[wysig | wysig bron]

Die Dr Fabian and Florence Ribeiro Treatment Centre in Cullinan is na die Ribeiro-egpaar genoem.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 "SA History: Florence Barbara Ribeiro". Verkry op 14 Maart 2017.  Text "publisher: SA History Online" ignored (help)
  2. "Thuth Commission Special Report: RIBEIRO, Florence, (AC/1999/0188; AC/1999/0190; AC/1999/0196; AC/1999/0193; AC/1999/0194; AC/1999/0030; AC/1999/0031 and AC/1999/0032)". SABC. Verkry op 14 Maart 2017. 
  3. "South Africa: Overcoming Apartheid, Building Democracy: Fabian Ribeiro (June 19, 1933 - December 1, 1986)". Verkry op 14 Maart 2017.  Text "publisher: African Studies Center at Michigan State University" ignored (help)
  4. "ShowMe: Pretoria's new street names" (PDF). Verkry op 14 Maart 2017. 
  5. "Dr Fabian and Florence Ribeiro Treatment Centre". Verkry op 14 Maart 2017.  Text "publisher: Department of Social Development, Gauteng" ignored (help)