Folland Gnat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Folland Gnat
HS Gnat T.1 XP515 CFS.A KEM 30.09.74.jpg
Gnat T.1 van die RAF Central Flying School in 1974 in vlug
Tipe Straalvegter
Vervaardiger Folland Aircraft
Ontwerp deur W. E. W. Petter
Nooiensvlug 18 Julie 1955
Bekendstelling 1959
Status Onttrek
Hoofgebruikers Britse Lugmag
Indiese Lugmag
Aantal gebou 449

Die Folland Gnat is 'n Britse vegvliegtuig wat in Groot-Brittanje vir opleiding gebruik is en slegs in ander lande as 'n vegvliegtuig. Die vliegtuig was aanvanklik ontwikkel as 'n vegvliegtuig deur 'n privaat instansie en die Midge genoem wat vir die eerste keer in Augustus 1954 gevlieg het. Terwyl vegvliegtuie op daardie stadium groter en meer kompleks geword het, het die ontwerper W.E.W. Petter 'n liggewig vegvliegtuig ontwikkel deur gebruik te maak van kleiner straalmotors.

Die Britse regering het ses Gnat's bestel vir opleiding maar nie 'n enkele model as 'n vegvliegtuig nie. Later het die Britse Lugmag die waarde van die Gnat besef as 'n tweesitplek opleiding vliegtuig en 105 eenhede bestel. Indië het egter die waarde van die vliegtuig as 'n vegvliegtuig besef en het 213 van eenhede onder lisensie gebou teen 1973. Tydens die Indies-Pakistanse Oorlog van 1971 het die Indiese Gnat's hul goed van hulle taak gekwyt. In 1974 het Hindustan Aircraft Ltd 'n oorkoms aangegaan om die Gnat II (Ajit) te bou.

Finland het ook Gnat vegvliegtuie tussen 1958 en 1972 bedryf.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Folland Gnat 1:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Straalmotor
Vervaardiger Bristol Orpheus 701 turbostraal
Kraglewering per motor 2 050 kg stukrag
Vlerkspan 6,75 m
Lengte 9.06 m
Hoogte 2,69 m
Vlerkoppervlakte 16,26 m2
Maks. opstygmassa 4 030 kg
Maks. snelheid 1 150km/h
Operasionele hoogte 15 250m
Togafstand 1 900 km
Klimvermoë 6 096 m per minuut
Bewapening Twee 30 mm Aden kanonne
plus 454 kg wapens onder die vlerke

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]