Franco Smith

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Franco Smith Sportportaal
Volle naam Petrus Francois Smith
Geboortedatum 29 Julie 1972 (1972-07-29) (47 jaar oud)
Geboorteplek Lichtenburg, Suid-Afrika
Lengte 1,83 m
Gewig 94 kg
Skool Hoërskool Sand du Plessis
Beroep Rugbyafrigter
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Losskakel, senter
Springbokno. 643
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
1999–2000
2001–02
2003–06
Newport
Bologna
Treviso
27
6
60
(38)
(10)
(55)
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
1992–95
1996–97
1998–2000
2001–02
VS Cheetahs
Griekwas
Blou Bulle
Pumas
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
1998–99, 2002 Bulls
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
1997-1999 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 9 (23)
Loopbaan as afrigter
Jare Klub / span
2005–07
2007–13
2014–15
2015
2015–
2016–
VS Cheetahs
Treviso
VS Cheetahs
Shimlas
VS Cheetahs
Cheetahs
korrek soos op 8 Mei 2015.
Rugbyloopbaan

Franco Smith (*29 Julie 1972, Lichtenburg) is ’n voormalige Suid-Afrikaanse springbokrugbyspeler wat as losskakel en senter gespeel het. Hy speel sy eerste toets op 6 Desember 1997 teen Skotland. Sy laaste toets was teen Nieu-Seeland op 7 Augustus 1999. Smith is sedert 2006 ’n rugbyafrigter.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Speler[wysig | wysig bron]

Jeug[wysig | wysig bron]

Smith was ’n leerling aan die Hoërskool Sand du Plessis en is in 1990 gekies vir die Vrystaatse o/18-Cravenweekspan.[1] In 1991 en 1992 het hy in talle wedstryde vir die Vrystaatse o/20-span asook vir die Shimlas van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat uitgedraf. As student was hy kaptein van die Suid-Afrikaanse Universiteitespan wat teen ’n Suid-Afrikaanse Weermag-XV gespeel het.[2]

Vrystaat Cheetahs[wysig | wysig bron]

In September 1992 het Smith sy eersterangse debuut gemaak toe hy as senter vir die Vrystaat teen die Wes-Transvaal uitgedraf het in die tweede ronde van die 1992 Lionbekertoernooi.[3] Hy het tot 1995 in Bloemfontein gebly waar hy hoofsaaklik vir die Vrystaat se B-span gespeel het of as plaasvervanger vir die A-span.

Griekwas[wysig | wysig bron]

In 1996 het Smith hom by die Griekwas in Kimberley aangesluit.[4] Na slegs een seisoen by die Griekwas is Smith by die 36-man Springbokoefengroep ingesluit vir die jaareindtoer na Suid-Amerika en Europa.[5] Hy het saam met die Springbokke na Argentinië, Wallis en Frankryk getoer[6] en in ’n aantal toerwedstryde gespeel maar nie in enige toets nie.

Bulls/Blou Bulle[wysig | wysig bron]

Aan die begin van 1998 het Nick Mallett, Springbokafrigter, versoek dat Smith van die Cats aan die Bulls geleen word vir die Super 12-seisoen.[7] Hy het homself vinnig in die span gevestig en was op ’n punt in die kompetisie die Suid-Afrikaner met die meeste punte[8] voordat ’n kniebesering hom vir die laaste vier rondtes van die veld af gehou het. Hy het besluit om permanent in Pretoria te bly en het die Blou Bulle in 1998 se Curriebekerseisoen verteenwoording, asook die volgende jar se Superrugby- en Curriebekerseisoene.

Newport[wysig | wysig bron]

In Augustus 1999 is aangekondig dat Smith hom by Newport in Wallis sou aansluit.[9] Hy het in 27 wedstryde vir hulle gespeel en 38 punte aangeteken.[10]

Terugkeer na Bulls/Blou Bulle[wysig | wysig bron]

Na slegs een seisoen in Walles het Smith na Suid-Afrika teruggekeer en weer by die Blou Bulle aangesluit[11] waar hy in die 200 Curriebekerseisoen en die 2001 Super 12-seisoen gespeel het.

Pumas/Bologna/Bulls[wysig | wysig bron]

Van Pretoria af is Smith na Witbank waar hy in die 2001 Curriebekerseisoen vir die Pumas gespeel het, voor ’n kort loopbaan by Bologna.[12] Hy het na Suid-Afrika teruggekeer om vir die Pumas in die 2002 Curriebekerseisoen te speel en het ook vir die Bulls in die 2002 Super 12-seisoen gespeel.

Treviso[wysig | wysig bron]

Smith het na Italië teruggekeer om aan die einde van 2002 vir Treviso te speel.[13] Hy het vir vier seisoene daar gebly en het in 60 wedstryde vir die span gespeel. Gedurende sy tyd by hierdie klub het die span die Nasionale Kampioenskap van Uitmuntendheid in 2002–2003 en die Coppa Italia in 2005 gewen.

Terugkeer na Vrystaat Cheetahs[wysig | wysig bron]

In 2005 het Smith na Suid-Afrika teruggekeer en hom by die Vrystaat aangesluit en is hy by die Curriebekerspan ingesluit. Hy het egter nie vir die span uitgedraf nie. Aan die einge van 2005 het Smith sy rugbystewels opgehang en die Vrystaat se agterlynafrigter geword.

Suid-Afrika[wysig | wysig bron]

Smith het in 9 toetse vir die Springbokke gespeel. Hy het sy debuut op 6 Desember 1997 teen Skotland gemaak en sy laaste wedstryd was op 7 Augustus 1999 teen Nieu-Seeland.

Afrigter[wysig | wysig bron]

Vrystaat Cheetahs[wysig | wysig bron]

Smith se toetrede tot afrigting was toe hy die agterlynafrigter vri die Vrystaat Cheetahs in 2006 geword het.[14]

Treviso[wysig | wysig bron]

Na 18 maande by die Vrystaat het Smith na Italië teruggekeer om oor te neem as hoofafrigter van Treviso vir wie hy voorheen gespeel het.[15] Hy het Treviso gelei na twee Nasionale Kampioenskap van Uitmuntendheid, in 2008–2009 en 2009–2010, die Coppa Italia in 2010 en die Italiaanse Superbeker in 2009. Smith het in Desember 2013 die pos as hoofafrigter by Treviso bedank.[16]

Shimlas/Vrystaat Cheetahs/Cheetahs[wysig | wysig bron]

Met sy terugkeer na Suid-Afrika is Smith weer aangestel as agterlynafrigter van die Cheetahs.[17] Hy is ook aangestel as hoofafrigter van die rugbyklub van die Universiteit van die Vrystaat[18] en het hulle gelei na ’n eerste kampioenskapsoorwinning in die Varsitybeker in sy eerste seisoen as afrigter.

In Mei 2015 is aangekondig dat Smith sou oorneem as hoofafrigter van die Vrystaat Cheetahs.[19] Vier dae na hierdie aankondiging het Naka Drotské bekend gemaak dat hy sou bedank as hoofafrigter van die Cheetahs[20] en dat Smith aangewys is in Drotské se plek.[21]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Van Eck, Georg (2 Junie 1990). "Cravenweekspan van die Vrystaat gekies". Beeld. Besoek op 5 Mei 2015.
  2. Van Eck, Georg (14 September 1992). "Jonges laat mens baie moed skep vir toekoms". Beeld. Besoek op 5 Mei 2015.
  3. Bosman, Jan (15 September 1992). "Vrystaat kan verskil onderstreep". Beeld. Besoek op 5 Mei 2015.
  4. Van Rooyen, Quintus (17 Januarie 1996). "Nelie Smith gaan Griekwas afrig Eers saam met Markgraaff Van Julie af op sy eie". Beeld. Besoek op 5 Mei 2015.
  5. Van Rooyen, Quintus (15 Oktober 1996). "Pensketse van nuwe Springbok-span". Beeld. Besoek op 5 Mei 2015.
  6. "Springbokspan". Beeld. 31 Oktober 1996. Besoek op 5 Mei 2015.
  7. Van Eck, Georg (29 Januarie 1998). "Franco Northern Bulls se losskakel". Beeld. Besoek op 5 Mei 2015.
  8. "Sportnuus van oral". Beeld. 17 April 1998. Besoek op 5 Mei 2015.
  9. Harmse, J.J. (28 Augustus 1999). "Newport lok OP bulstut na Wallis". Die Burger. Besoek op 5 Mei 2015.
  10. (en) "Franco Smith – Newport RFC". Newport RFC. Besoek op 5 Mei 2015.
  11. Gilbert, Morris (3 Mei 2000). "Franco speel weer vir Bulle". Die Burger. Besoek op 5 Mei 2015.
  12. Van Eck, Georg (31 Oktober 2001). "MJ Smith gaan in Italië speel". Volksblad. Besoek op 5 Mei 2015.
  13. Gilbert, Morris (23 Augustus 2002). "Pumas soek in Kiwi-land na plaasvervanger vir Franco Smith". Die Burger. Besoek op 5 Mei 2015.
  14. "Gaffie lugtig vir 'monster'". Die Burger. 14 Maart 2006. Besoek op 5 Mei 2015.
  15. (it) "Franco Smith nuovo capo allenatore del Benetton Rugby". Benetton Treviso. 20 Mei 2007. Besoek op 5 Mei 2015.
  16. (it) "Comunicato Benetton Rugby". Benetton Treviso. 5 Desember 2013. Besoek op 5 Mei 2015.
  17. Cronjé, Hendrik (14 Mei 2014). "Naka slaan slag met Franco as hulpafrigter". Die Burger. Besoek op 5 Mei 2015.
  18. "Nuutjies vir reeks om Varsitybeker". Die Burger. 27 Januarie 2015. Besoek op 5 Mei 2015.
  19. "Franco Smith Curriebeker breier". Vrystaat Cheetahs. 4 Mei 2015. Besoek op 5 Mei 2015.
  20. (en) Vrystaat Cheetahs (8 Mei 2015). "Naka retires as coach". Persberig. http://www.fscheetahs.co.za/News.aspx?newsid=2882. Besoek op 8 Mei 2015. 
  21. (en) Vrystaat Cheetahs (8 Mei 2015). "Franco Smith takes over as coach". Persberig. http://www.fscheetahs.co.za/News.aspx?newsid=2885. Besoek op 8 Mei 2015. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Franco Smith by www.genslin.us/bokke

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.