Francois Krige

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Francois Krige
Gebore 1913
Uniondale, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 19 Februarie 1994
Nasionaliteit Suid-Afrika
Veld Beeldhouwerk
Opleiding Michaelis-kunsskool, Akademie in Antwerpen
Werke Illustrasies in Sol y Sombra (Uys Krige) en Jaffie (Eitemal)
Beïnvloed deur H.V. Meyerowitz, Vasquez Diaz

Francois Krige (1913–1994) was 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar. Hy is op Uniondale in die Klein-Karoo gebore. Hy het eers aan die Michaelis-kunsskool onder die beeldhouer H.V. Meyerowitz gestudeer en daarna onder Vasquez Diaz in Spanje, aan die Akademie in Antwerpen en in Florence. Francois Krige se oeuvre omvat 'n wye verskeidenheid van onderwerpe waaronder see- en visserstonele, landelike tonele, studies van die Maleierbuurt, stillewes, portrette en die dierelewe. Sy werk word gekenmerk deur eenvoud en 'n spesifieke aanvoeling vir die Suid-Afrikaanse werklikheid. Hy het 'n besonderse vaardigheid om met die minimum Iyn 'n vertolking te kan weergee en is daarom bekend vir sy pen- en inktekeninge. Hy het ook sy broer Uys Krige se boek Sol y Sombra en Jaffie van Eitemal geïllustreer. Gedurende 1940–1945 het hy diens gedoen as oorlogkunstenaar in Noord-Afrika en Italië.

Francois Krige het by verskeie geleenthede in Johannesburg en Pretoria uitgestal. Van sy werk is ook ten toon gestel op die Venesiese Biënnale in 1952, die Van Riebeeckfeestentoonstelling in dieselfde jaar en die Suid-Afrikaanse tentoonstelling wat in 1958 na Nederland, België en Duitsland gestuur is.

Krige is op 19 Februarie 1994 aan kanker oorlede.

Bronnelys[wysig | wysig bron]