Fynskrif

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Fynskrif
Genre Regsdrama
Geskep deur kykNET
Geskryf deur Louis Pretorius en Albert Snyman
Temamusiekkomponis Braam du Toit
Oorsprong Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Taal Afrikaans
Aantal seisoene 2
Aantal episodes 14
Produksie
Vervaardiger(s) Louis Pretorius en Albert Snyman
Redigeerder(s) Eva du Preez
Kinematografie Jorrie van der Walt
Looptydperk 48 minute (omtrent)
Produksiemaatskappy Moebius Films
Uitsending
Oorspronklike kanaal kykNET
Beeldformaat HD
Oorspronklike lopie 10 Julie 2018 (2018-07-10) ()

Fynskrif is 'n drama wat gesentreer is rondom die regsfirma, Van Wyk & Vennote. Die reeks is vanaf 10 Julie 2018 op KykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai.

In elk van die 13 episodes het die prokureurs 'n saak wat hulle tussendeur persoonlike en familiedramas moet hanteer.

Kykers identifiseer dit as 'n mengsel tussen reekse soos The Good Wife, Boston Legal, Parenthood en Brothers & Sisters en daar is ewe veel drama en komedie regdeur die reeks. Die reeks begin met een van die vennote wat aftree en fokus op siviele (en nie kriminele/straf) sake, daar is geen hofdrama nie. Daar word eerder op vooraf besprekings en skikkings van sake en die emosie daaragter gefokus.

Fynskrif seisoen 1 was Dinsdagaande om 20h00 op KykNET uitgesaai.

Op 22 Oktober 2018 het KykNET aangekondig dat Fynskrif vir 'n 2de seisoen hernu is wat vanaf 8 Oktober 2019 uitgesaai sal word.

Fynskrif seisoen 2 word Dinsdagaande om 20h00 op KykNET uitgesaai.

Die reeks is ook beskikbaar op Showmax en DStv Now.


Reekse[wysig | wysig bron]

Reeks Episodes Oorspronklik uitgesaai
Eerste uitgesaai Laaste uitgesaai
1 13 10 Julie 2018 (2018-07-10) 2 Oktober 2018 (2018-10-02)
2 13 8 Oktober 2019 (2019-10-08) 24 Desember 2019 (2019-12-24)

Rolverdeling[wysig | wysig bron]

  • Neels van Jaarsveld as Ben van Wyk
  • Tinarie van Wyk-Loots as Lara Kruger
  • Chris van Niekerk as Hans van Wyk
  • Cintaine Schutte as Katrien Nienaber
  • Kim Cloete as Anne Matthews
  • Beer Adriaanse as Corne Hanekom
  • Charlton George as Dolf Ungerer
  • Edwin van der Walt as Wian Marais
  • Crystal Donna Roberts as Thandi Ndlovu
  • Marguerite van Eeden as Alex Kruger
  • Luan Jacobs as Luke van Wyk
  • Jacques Bessenger as Jaco Kruger
  • Mia van der Merwe as Bella van Wyk
  • Susanne Beyers as Rene van Wyk
  • Elana Afrika as Gertrude
  • Armand Aucamp as Ivan Nel
  • Lea Vivier as Lilani
  • De Klerk Oelofse as Simon

Episodes[wysig | wysig bron]

Reeks 1 (2018)[wysig | wysig bron]

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
11'n Oorgewig meisie dagvaar 'n ingeniersfirma dat hulle teen haar gewig diskrimineer. Twee paartjies ontdek dat hulle kinders by geboorte omgeruil is en die een vrou wil haar kind terug hê.10 Julie 2018 (2018-07-10)
22'n Afrikaanse gospelsangeres pleeg selfmoord en 'n ander sanger word deur haar ma gedagvaar vir verlies van inkomste nadat daar naakfoto's van haar op die internet uitlek.17 Julie 2018 (2018-07-17)
33'n Egpaar se kind is in 'n koma na 'n tref en trap. Die man wil die masjiene afskakel maar sy vrou weier.24 Julie 2018 (2018-07-24)
44Lara maak 'n onverwagse vriend. Corne loop hom vas teen 'n klient van Hans. Ben vind uit Bella stel belang in iemand. Katrien probeer haar verhouding met Sam red.31 Julie 2018 (2018-07-31)
55Lara maak planne om haar eie praktyk te begin, maar probleme ontstaan as Katrien 'n nuwe klient aanneem. Corne kry liefdeslesse by Thandi.7 Augustus 2018 (2018-08-07)
66Anne help 'n vrou met onderhoud vir haar kind. Katrien en Ben sukkel om hul houding te definieer. Daar's spanning tussen Hans en Lara.14 Augustus 2018 (2018-08-14)
77Thandi probeer 'n vriend van universiteit help. Corne moet onverwags dokter toe. Alex kan die spanning tussen haar ouers nie verduur nie.21 Augustus 2018 (2018-08-21)
88Katrien raak betrokke by 'n universiteits-verhoor. Corne herstel na sy operasie. Ben moet sy gevoelens oor Tamryn uitpluis.28 Augustus 2018 (2018-08-28)
99Anne en Wian ontdek 'n skokkende waarheid. Ben moet kies: Tamryn of Katrien. Hans maak die lewe vir Corne moeilik.4 September 2018 (2018-09-04)
1010Lara is woedend na 'n insident by Alex se skool. Ben besef iemand stel belang in Dolf. Klara stel Corne voor 'n moeilike keuse.11 September 2018 (2018-09-11)
111118 September 2018 (2018-09-18)
1212Spoke uit Hans se verlede maak hul opwagting. Corne geniet sy nuutgevonde vryheid. Anne en Wian se stryd om die kind bereik breekunt.25 September 2018 (2018-09-25)
1313Almal is in 'n wedloop teen tyd gewikkel om die praktyk te red. Corne betwyfel sy loopbaan en Katrien stel Ben voor 'n keuse.2 Oktober 2018 (2018-10-02)

Reeks 2 (2019)[wysig | wysig bron]

No.
algeheel 
No. in
reeks 
Episode  Oorspronklike uitsaaidatum 
141Lara probeer desperaat die praktyk red, terwyl Katrien vir Kobus uit die tronk moet hou. Corne se toekoms in onseker en Anne se lewe het 'n nuwe draai geneem. Hans geniet sy aftrede.8 Oktober 2019 (2019-10-08)
152Katrien is desperaat vir 'n deurbraak in die Kobus saak. Lara ignoreer Lilani wat potensieel katastrofies kan wees. Wian sukkel om vrede te maak met die verlede. Gertrude verras Dolf.15 Oktober 2019 (2019-10-15)
163Anne se aand uit ontaard in 'n nagmerrie. Dolf het groot planne vir die troue, wat Gertrude laat skrik. Wian neem 'n tree die toekoms in. Ben en Lelani vryf mekaar verkeerd op.22 Oktober 2019 (2019-10-22)
174Lara vra Corne om terug te keer na die praktyk. Lilani kan nie langer haar geheim wegsteek nie. Wian en Adele neem die eerste tree tot 'n verhouding. Ben maak 'n onverwagse ontdekking.29 Oktober 2019 (2019-10-29)
185Dolf moet 'n nagmerrie kliënt verdedig. Corne en Hans het verskillende idees oor die regshulpkliniek. Anne is woedend vir Ben. Alex kry onverwagse hulp met haar angsversteuring.5 November 2019 (2019-11-05)
196Ben en Katrien kruis swaarde by die werk. Anne en Corne probeer Nina uit die tronk hou. Alex se lewenskeuses frustreer Lara. Corne se verhouding met Lisa word verder gekompliseer.12 November 2019 (2019-11-12)
207Corne kry 'n onverwagse besoeker. 'n Speletjies aand by Dolf-hulle word versuur deur Ben. Hans help 'n ou vriend. Simon word gedagvaar vir diefstal en Lara is siedend.19 November 2019 (2019-11-19)
218Lara word genader deur Dewald om hom te help met 'n arbeidsgeskil. Corne se pa nooi hom op 'n gholf vakansie. Adele vind uit Wian vier nie sy verjaarsdag nie. 'n Ou liefde besoek Katrien.26 November 2019 (2019-11-26)