GCIRS 13E
GCIRS 13E | ||||
Sterrebeeld | Boogskutter | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 17h 45m 39.73s[1] | |||
Deklinasie | -29° 00′ 29.7″[1] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 26 000 | |||
Ander name | ||||
WR 101f | ||||
|
GCIRS 13E is 'n infrarooi- en radiovoorwerp naby die middel van die Melkweg. Dit is vermoedelik 'n swerm warm, swaar sterre wat moontlik 'n middelgroot swartkolk in die middel het.
GCIRS 13E is eers geïdentifiseer as GCIRS 13, maar is later in twee komponente verdeel: GCIRS 13E en W.[2] GCIRS 13E is aanvanklik as een onderwerp beskou, moontlik 'n dubbelvoorwerp.[3] Dit is selfs as 'n Wolf-Rayetster met die naam WR 101f geklassifiseer vanweë sy sterk emissielynspektrum.[4] Daarna is dit in sewe Wolf-Rayet- en Klas O-sterre verdeel.[5]
Op infrarooibeelde met 'n hoë resolusie en in spektroskopie kan 19 voorwerpe nou in GCIRS 13E geïdentifiseer word, waarvan 15 digte gasstreke is. Die oorblywende vier voorwerpe is sterre: WN8 en WC9, Wolf-Rayetsterre; 'n OB-superreus; en 'n K3-reus.[6]
Die beweging van die lede van GCIRS 13E dui blykbaar daarop dat dit 'n veel groter massa het as waarvoor rekenskap gegee kan word deur die sigbare voorwerpe. Daar is al voorgestel dat daar 'n middelgroot swartkolk met 'n massa van sowat 1 300 sonmassas in die middel is. Daar is 'n paar probleme met dié teorie,[7] maar die ware aard van die swerm is steeds onbekend.[6]
GCIRS 13E is 'n klein swerm wat deur 'n paar swaar sterre oorheers word. Swaar sterre kan vermoedelik nie so naby 'n supermassiewe swartkolk vorm nie, en omdat swaar sterre 'n kort leeftyd het, word geglo GCIRS 13E het dalk nader aan die sentrale swartkolk migreer oor die afgelope sowat 10 miljoen jaar, moontlik vanaf sowat 60 ligjare weg. Die sterre is moontlik die oorblyfsels van 'n bolswerm waar 'n middelgroot swartkolk kon ontwikkel het deur weghol-sterbotsings.[7] GCIRS 13E kan ook 'n donker sterreswerm wees wat in die binneste sterrestelsel kan vorm as die verdampingstempo van sterre van die swerm vanweë 'n sterk getyveld vinniger is as die uitputting van die swartkolkinhoud deur uitwerpings.[8]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Blum, R. D.; Ramírez, Solange V.; Sellgren, K.; Olsen, K. (2003). "Really Cool Stars and the Star Formation History at the Galactic Center". The Astrophysical Journal. 597 (1): 323–346. arXiv:astro-ph/0307291. Bibcode:2003ApJ...597..323B. doi:10.1086/378380.
- ↑ Zhao, Jun-Hui; Goss, W. M. (1998). "Radio Continuum Structure of IRS 13 and Proper Motions of Compact H II Components at the Galactic Center". The Astrophysical Journal. 499 (2): L163. Bibcode:1998ApJ...499L.163Z. doi:10.1086/311374.
- ↑ Coker, R. F.; Pittard, J. M. (2000). "An X-ray binary model for the Galactic Center source IRS 13E". Astronomy and Astrophysics. 361: L13. arXiv:astro-ph/0008091. Bibcode:2000A&A...361L..13C.
- ↑ Van Der Hucht, K. A. (2006). "New Galactic Wolf-Rayet stars, and candidates. An annex to the VIIth Catalogue of Galactic Wolf-Rayet Stars". Astronomy and Astrophysics. 458 (2): 453–459. arXiv:astro-ph/0609008. Bibcode:2006A&A...458..453V. doi:10.1051/0004-6361:20065819. S2CID 119104786.
- ↑ Maillard, J. P.; Paumard, T.; Stolovy, S. R.; Rigaut, F. (2004). "The nature of the Galactic Center source IRS 13 revealed by high spatial resolution in the infrared". Astronomy and Astrophysics. 423: 155–167. arXiv:astro-ph/0404450. Bibcode:2004A&A...423..155M. doi:10.1051/0004-6361:20034147. S2CID 15806243.
- ↑ 6,0 6,1 Fritz, T. K.; Gillessen, S.; Dodds-Eden, K.; Martins, F.; Bartko, H.; Genzel, R.; Paumard, T.; Ott, T.; Pfuhl, O.; Trippe, S.; Eisenhauer, F.; Gratadour, D. (2010). "GC-IRS13E—A Puzzling Association of Three Early-type Stars". The Astrophysical Journal. 721 (1): 395–411. arXiv:1003.1717. Bibcode:2010ApJ...721..395F. doi:10.1088/0004-637X/721/1/395.
- ↑ 7,0 7,1 Schoedel, R.; A. Eckart; C. Iserlohe; R. Genzel; T. Ott (2005). "A Black Hole in the Galactic Center Complex IRS 13E?". Astrophys. J. 625 (2): L111–L114. arXiv:astro-ph/0504474. Bibcode:2005ApJ...625L.111S. doi:10.1086/431307. S2CID 10250848.
- ↑ Banerjee, S.; P. Kroupa (2011). "A New Type of Compact Stellar Population: Dark Star Clusters". Astrophys. J. Lett. 741 (1): L12–L19. arXiv:1110.4103. Bibcode:2011ApJ...741L..12B. doi:10.1088/2041-8205/741/1/L12.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.