Gallimimus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gallimimus
Tydperk: 70 m. jaar gelede
Laat Kryt
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Sauropsida
Superorde: Dinosauria
Orde: Saurischia
Suborde: Theropoda
Familie: Ornithomimidae
Genus: Gallimimus
(Osmólska, Roniewics & Barsbold, 1972)
Spesies
  • G. bullatus

Gallimimus was ’n genus teropode-dinosourusse wat sowat 70 miljoen jaar gelede tydens die Laat Krytperiode in Mongolië voorgekom het. Die tipe-spesie is G. bullatus.

Hulle was volstruisagtige diere wat by hul heupe tot 2 meter hoog kon wees. Hulle het ’n klein kop, tandlose bek, groot oë en ’n lang nek, stert en bene gehad. Die oë het aan die kant van die kop gesit. Soos die meeste moderne voëls en ander teropode het hulle hol bene gehad. Hulle kon waarskynlik vinnig hardloop met hul sterk bene en kort tone.