Gebruiker:Suidpunt/Werksbank

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Artikel Rede Stand Prioriteit
Faroëes Een van die jongste erkende (en oudste) Germaanse tale.

En was die voorganger van og/och - Afrikaans en Nederlands bevat of een ander keusewoord, of die ouer variant.

Halfpad Middel
Deens Heelwat ooreenkomstige herkoms van begrippe met Afrikaans ... Middel
Iwriet Weinige inligting elders beskikbaar – miskien nodig vir teologiestudente ... Middel
Latynse grammatika Ons leer self deur ander te leer... 6/26 bladsye klaar Hoog
Nederlands in die Verenigde State Waarom het Nederlands uitgesterf in Nieu-Amsterdam? Parallel: Waarom het die Nederlandse afstammelinge verengels soos by Ceylon? ... Middel
Duits in die Verenigde State Waarom het Duits uitgesterf? Die skuld en skande wat die Eerste Wêreldoorlog besorg het is die belangrikste faktor. ... Middel
Nagana (uitbrei) Veesiekte waaroor lanklaas 'n wetenskaplike artikel geskryf is. ... Middel
Golfstroom Gevra deur Oesjaar. ... Middel
Anglisering van Noors

of

Verengelsing van Noors

Na aanleiding van proefskrif deur Noorweër. Klein taal in globaliserende wêreld maklik beïnvloedbaar deur groter tale wat verwant is. ... Laag
Lewensiklus van die tier Voorbladartikel in Frans Uitgevoer Uitgevoer Hoog
Bubblegum Dance Vrolike, ligsinnige en innuendoryke musiekgenre met sy oorsprong in Denemarke in die 1990’s waaroor ek stapelgek is

(sluit in SMiLE.dk, Toy Box, Aqua, Caramell, Vengaboys, Pigloo, Whigfield ).

Laag
Cité-Duits Nuwe taal ontdek deur Nederlandse navorsers in België (2017). Toon ooreenkomste wat betref Afrikaanse en Engelse lidwoordvereenvoudiging en totstandkoming uit ander tale. ... Laag

(Moet eers kyk of taalkode beskikbaar is)

Strandbeest Manjifieke kinetiese kuns uit Nederland. ... Laag
Taalwetgewing in België Voorbladartikel uit Duits (taalpolitiek) Hoog
Stand van Duits in Suid-Tirool Artikel uit Duits (taalpolitiek) Middel
Hugenote in Berlyn - Artikel nie beskikbaar in Engels en weinig beskikbaar in Frans

- Absoluut niks oor beskikbaar in Afrikaans

- Parallelle ooreenkomste, lot van Franse taal in Pruise?

- Lesenswaardige artikel in Duits.

Hoog
Slangsiektes Artikel uit Duits – onbekende onderwerp ... Laag
Die Wolke Een van daardie jeugboeke uit die 1980’s wat veronderstel is om die kinders aan die ween te kry. En op te sweep teen die ouer geslag. En kernkrag. Word met die Fukushima-ontploffing weer onder die stof uitgehaal. Reeds verfilm. Voorgeskryf in Duitse skole. Selfs hoorspel in 2011 geskryf en op Google Play te kry. Uitgevoer Uitgevoer Laag
Etimologiese woordeboeke in Afrikaans Twee etimologiese woordeboeke is gratis beskikbaar op die internet. Min mense weet van hulle bestaan. Of hul oorsprong. Of gebruik hulle. Het reeds al die resensies van die ou en nuwe weergawes.

Het die webadresse.

Moet nog al die artikels en resensies deurlees en opsom.

Hoog
Afrikaans (uitbrei onderafdeling) Kaapse bibliotekaris het stand van Afrikaanse literatuur verduidelik in 2017. Voyageur het voorgestel ek plaas die inligting by Afrikaans.

Redelik aktuele inligting.

Uitgevoer Uitgevoer Middel.
Woordekeus Het reeds in Geselshoekie alles uitgeklaar.

Sinoniem- en antoniemlys wat wel verouderd, onvolledig, maar bruikbaar kan wees as kernwoordeskat.

Gedigitaliseer.

In sandput geplaas.

Middel.
Nederlands (uitbrei) - Volgens die jongste verslag (meningspeilingverslag) van die Taalunie verkeer Nederlands tans in gunstige posisie. Die ander tale waarin Vlaminge en Nederlanders hoofsaaklik ander bronne raadpleeg is vernaamlik Engels, Frans en Duits. Randgebied-nederlandssprekendes (soos Friese en Brusselaars) maak van nog ander bykomende tale gebruik, soos Spaans en Portugees.

- Volgens De Taalstaat-potgooi van 17 Junie 2017 word tans te veel aandag in skole geskenk aan leesvaardigheid (voorgeskrewe literatuur) en te min aan skryfvaardigheid: op universiteite verstaan studente wat hulle lees, maar druk hul power uit. Hier vloek dit juis met „Het geheim van de blauwe broer“ by Latyn wat net nog meer aandag aan kulturele geletterdheid wil afstaan. Verkeerd geluister: dit gaan slegs oor die afgelope staatseksamen.

Uitgevoer Uitgevoer Middel.
Afrikaanse Wikipedia

(uitbrei)

Die akademiese belangstelling in die Afrikaanse Wikipedia begin groter word. Ons het Pretorius wat oor RSG gepraat het, daarna haar vaktydskrifartikel geskryf het. Nog een artikel is reeds tevore geskrywe. ... Middel.
Kaapse luiperd Was aanvanklik belangrik om die meneertjie se uniekheid te bewys as "bedreigde spesie", maar ek dink die natuurwetenskaplikes is nou besig om hul tyd te mors. Die laaste vaktydskrifartikel wat ek in 2015 oor die klein mannetjie kon kry moet nog bygewerk word. Laag.
Latynonderrig Verskeie lande het vir hulself 'n bête noire geskep. Nou moet ons kyk watter rigting die oopmaak en toemaak van deure gaan. - Vind uit wat in Rusland gebeur het met Latyn. Begin by Diderot se briefie aan Koningin Katharina II. Waquet sê daar was oplewing in 1992. Loop vra die Russe self op die Russiese Wikipedia.

- Nederland. Maak opsomming oor „Het geheim van de blauwe broer“ en voeg van die inligting by oor artikel wat Jcwf verskaf het oor Griekse eksamen 2017. Gooi bietjie Mammoetwet-sjokoladesous bo-oor die roomys en bedien.

- Besoek Classica Vlaanderen.be. Sedert my ouderdomsgroep geepad het (2008-2009), stort die aantal Latynleerlinge daar in duie volgens dataloep-publiek.vlaanderen.be.

- Let op Philippe Cibois se sienings by L'érosion lente mais inexorable du latin à l'école en op sy webjoernaal Statistiques de la rentrée, mais de l’an dernier. Hier stel hy duidelik Latyn gaan gepaard met 900 ure of meer, nie 760 soos in Holland voorgestel word nie. Reken ook die Oostenrykse gemiddeld drie ure Latyn per dag maal 6 dae per week van die Middeleeue in.

Middel.
Lys van vertalings in Latyn Net Latyn en Engels beskik oor hierdie lys moderne boeke wat in Latyn vertaal is. ... Laag.
Wolf Die dier is aan die terugkeer in Wes-Europa.

- Vorm die grondslag van baie Westerse en Midde-Oosterse verhale.

Heelwat inligting uit die Deense natuurtydskrif Danmarks Naturfredningsforening gaan benodig word, maar veral die boek Ulv! Dyret – myten – fremtiden deur Niels Hein.

Aangesien die eersgenoemde vaktydskrif openlik erken die meeste wolwe kom via Duitsland, is Duitse bronne veel noodsaakliker. Bronne uit Sweeds en Noors moet oorweeg word. Canadian Geographic (gedrukte weergawe Jan/Feb 2015)karteer egter die meeste wolwe in Wes-Europa, VSA en Indië is uitgeroei – terwyl die voormalige Sowjetlande die meeste bevolkings tans het.

Middel.
Lys van Middeleeuse terminologie Ver van jou erfgoed, naby aan jou skade. Moet eers Die Middeleeue deurlees en stuksgewys die begrippe aanteken. Laag.
Jy en jou (hersien) Bevat geen wetenskaplike artikels nie, soos uitgewys deur Winstonza. Twee dokumente is beskikbaar. Som F.F. Odendal op uit W. Kempen se huldigingsbundel asook Moenie my jy en jou nie deur Nerina Bosman en Annél Otto (LITNET). Laag
Moltrein - Het baie goeie resensies gekry (veral van Jakes Gerwel en Joan Hambidge), met die uitsondering van André P. Brink wat soete wraak geneem het omdat die einste outeur in die 1980's na sy werk as "triviaallektuur" verwys het (hierdie stukkie inligting is nie relevant vir Wikipedia nie).

- Ag, wanneer laas het mens stringe sinne in Frans gekry? Of, wat van bietjie parodie van die Sestigers?

Uitgevoer Uitgevoer Middel/Laag
Duits as vreemde taal (uitbrei) Kort nog bietjie lyf Vertaal die Goethe-instituut se kommentaar (2015) Middel
Duitse taalgeskiedenis Wys my 'n ordentlike boek in Afrikaans oor Duitse taalgeskiedenis en jy wen 'n sifboot. Vertaal uit Duitse artikel. Middel
Javaanse tier Voorbladartikel van Franse Wikipedia (2014) Besig Hoog
Alfred Wegener Voorbladartikel van Duitse Wikipedia (2005) Vertaal uit Duits Hoog
Goudverbod Vertaling uit Duitse Wikipedia (de:Goldverbot).

Bitter min ander tale skryf hieroor, ek voel dit is vir beleggers belangrik.

Het min of meer 'n idee wat hier aangaan. Laag
Die Aneïs Duitse lesenswaardige artikel

Een van die eerste verhale deur Vergilius

Reeds digitaal toeganklik

Ek het albei gedrukte Afrikaanse vertalings in my boekrak. AAN DIE LEES.

Hoog
Wirtschaftsgeschichte der Republik Venedig - Voorbladartikel in Duits Besig Middel/Hoog
Nederduits (skoolvak) - Voorbladartikel in Duits Op bystand Middel/Hoog
Husky Want ek het mos Aliwal2012 belowe Lees Husky Siberienne deur, die boek Laag