Gebruikerbespreking:Odriskelmac11

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Welkom[wysig bron]

Hallo Odriskelmac11, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van ’n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 98 643 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers ’n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om ’n bietjie houvas te kry voor 'n mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? ’n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook ’n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy beelde wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van ’n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so ’n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.

KabouterBot (kontak) 22:40, 12 Oktober 2019 (UTC)

ñ[wysig bron]

Beste Leonard du Plessis, ek let op jy gebruik die Spaanse letter ñ deurgaans in jou bydraes. Let wel: Afrikaans het nie hierdie letter nie. Jy kan die letter 'n skryf deur 'n afkappingsteken gevolg deur 'n n te tik, of deur die verouderde Unicode-kodepunt ʼn te knip en plak (word nog steeds deur sommige uitgewers gebruik). 102.165.230.155 13:21, 10 Desember 2020 (UTC)

Goed so en dankie Leonard du Plessis (kontak) 13:52, 10 Desember 2020 (UTC)

Vertalings vanaf ander Wikipedia's[wysig bron]

@Leonard du Plessis:, ek sien jy begin bedrywig raak hier, mooi so! Onthou, indien jy vertaal vanaf 'n ander blad moet jy die bronne saambring asb! Vra indien jy onseker is. Groete! Oesjaar (kontak) 13:44, 10 Desember 2020 (UTC)

Goed so dankie Leonard du Plessis (kontak) 13:50, 10 Desember 2020 (UTC)
Om te sê dat 'n artikel oorvertaal is uit bv. Engels is nie die bron nie, jy moet die verwysings uit die Engelse artikel saam oorbring na die Afrikaanse artikel. Sien Sherman Firefly, alles uit Engels. Groete! Oesjaar (kontak) 20:26, 10 Desember 2020 (UTC)

Ok reg so Leonard du Plessis (kontak) 20:30, 10 Desember 2020 (UTC)

Wikipedia se manier van doen[wysig bron]

Hallo, @Leonard du Plessis: Ek sien jy doen 'n paar artikels en dis baie welkom. Kyk asb. na die weergawegeskiedenis van Slag van Hastings om te sien hoe 'n basiese Wikipedia-artikel moet lyk en wat nodig is om altyd by te voeg, soos die titel in vet, skakels, minstens een kategorie, geen spasies voor punte en kommas, ens. Dit maak dit net makliker, omdat ander mense nie elke artikel hoef te gaan "regmaak" nie. Leer ook hoe om artikels na ander tale te skakel deur dit byvoorbeeld met die Engelse artikel te skakel. As jy iets nie weet nie, vra gerus. En moenie sleg voel oor foute wat jy maak nie; ons het almal maar stap vir stap geleer. ~ Burgert (kontak) 18:09, 11 Desember 2020 (UTC)

Goed dankie Leonard du Plessis (kontak) 18:12, 11 Desember 2020 (UTC)
Sulke kort artikels word ook gemerk met die sjabloon {{saadjie}} om aan te dui dit is kort en moet verkieslik uitgebrei word. Voorspoed. ~ Burgert (kontak) 18:19, 11 Desember 2020 (UTC)

Dankie vir jou moeite Leonard du Plessis (kontak) 18:39, 11 Desember 2020 (UTC)

Skalie[wysig bron]

Gebruik asb die sandput vir halfvoltooide vertalings. Ons los nie Engels in artikels nie. Groete! Oesjaar (kontak) 20:14, 27 Desember 2020 (UTC)

Goed so , dankie en groete Odriskelmac11 (kontak) 21:05, 27 Desember 2020 (UTC)

Niemand vra, so ek dag ek sê Odriskelmac11 kan vir die volgende sinne staan :[wysig bron]

O drie ☆ !, skel Mac2

O' Driscoll , Mac

Odri ! , skel Mac

O! , Dries kul Mac

Odri skel Mac Odriskelmac11 (kontak) 20:34, 20 Januarie 2021 (UTC)

Ek verkies: O-doen-mywerkMac! Groete! Oesjaar (kontak) 20:52, 20 Januarie 2021 (UTC)

Solomon ibn Gabirol[wysig bron]

Kliek op ander tale links onder. Twee antwoord blokkie sal op spring, tik enwiki by die eerste en die Solomon ibn Gabirol by die tweede. Dan behoort jou artikel taal gekoppel te wees. Tweedens, plaas 'n * voor elke bron. Groete! Oesjaar (kontak) 09:44, 21 Januarie 2021 (UTC)

415[wysig bron]

Gebruiker:Odriskelmac11, verander artikel 415 sodat inpas by die die res van die jare, As jy hier wil werk volg die beleide. Ek het nou reeds twee keer vir jou op ander artikels wat jy geskep gevra om ding te verbeter, sonder sukses. As jy nie wil saamwerk nie sal ek nie huiwer om jou te verwyder nie. Groete! Oesjaar (kontak) 08:09, 23 Januarie 2021 (UTC)

Bokke se name[wysig bron]

As jy na bokke verwys bv springbok is dit 'n klein letter. Groete! Oesjaar (kontak) 15:52, 11 Februarie 2021 (UTC)

Burke se pas[wysig bron]

Ek sien jy skryf die volgende: Aan sy voet is dit ongeveer 3,9 kilometer breed... Sjoe! Oesjaar (kontak) 07:39, 24 April 2021 (UTC)

Hi @Oesjaar: Odriskelmac11 het dit direk uit die Cebuano-artikel vertaal wat eintlik oor die berg (bukid) handel. Shame, ek het die hele ding opgeruim! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 08:14, 24 April 2021 (UTC)

Robert Ludlum[wysig bron]

Kry asb jou inskrywing oor die geboorte van Robert Ludlum op standaard en doen ook die dagtal. Groete! Oesjaar (kontak) 16:37, 26 Mei 2021 (UTC)

25 Mei - Robert Ludlum, Amerikaanse outeur van 27 riller romans, bes bekend as skepper van Jason Bourne in die Bourne Trilogy reeks. Sterf 2001. Goeiedag Oesjaar, bo is die inskrywing. Die dagtal is reeds vermeld en my selfoon het nie die sterfte teken nie. Ek kan nie sien wat om nog te verander nie. Kan u asb. die plasing wysig om dit op standaard te bring. Ek verstaan nie hoe om dit verder reg te maak nie. Groete! Odriskelmac11 (kontak) 19:29, 26 Mei 2021 (UTC)
@Odriskelmac11:, na aanleiding van die 1927 geboortedatum wat nou opdateer is, kan jy asb die dagtalle en sterfte datums ook op datum bring? Oesjaar (kontak) 16:57, 27 Mei 2021 (UTC)