Hallo Thermofan,hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van 'n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 118 766 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers 'n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om 'n bietjie houvas te kry voor mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so 'n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.
Ja, bronne is maar 'n probleem, ek het nie baie fisiese boeke wat objektief is nie. Ek sien die Boy-Scouts bladsy op die Engelse Wiki gebruik ook maar vreeslik baie van die Scouts se eie bronne. Daar is darem 'n paar Maroela media verwysings vir Voortrekkers ook. Die styl van hierdie artikel is nog nie heeltemal na my sin nie, maar met drie jong kinders en my eie aandagafleibaarheid is die lewe vol afleidings.