Geel See

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart wat die Geel See vertoon

Die Geel See (Koreaans: 황해, Sjinees: 黄海) is 'n see, wat deel uitmaak van die Oos-Sjinese See en tussen Sjina in die weste en Korea in die ooste geleë is. Die see word omring deur die Volksrepubliek van Sjina, Noord-Korea en Suid-Korea. In Korea word die Geel See soms ook Westelike See genoem. Die noordelike deel van die see, wat deur die Volksrepubliek van Sjina omring word, word die Bohai See genoem, en die see tussen Sjina en Noord-Korea staan as die Koreabaai bekend.

Die oppervlakte daarvan is ongeveer 380 000 km². Belangrike stede, wat aan die see geleë is, is Gunsan en Incheon in Suid-Korea en Qingdao in die Volksrepubliek van Sjina.

Die Geel See is een van vier seë, wat in Afrikaanskleure vernoem is - die ander is die Rooi See, die Swartsee en die Witsee. Die naam het sy oorsprong in winde, wat geel sand van die Gobi-woestyn oor die see verstrooi, en van geel sedimente, wat die Gele rivier oor die Bohai See in die see bring.