Geelaalwyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Geelaalwyn
Aloe cryptopoda BotGardBln271207A.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Subkoninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
A. cryptopoda
Binomiale naam
Aloe cryptopoda
Baker
Sinonieme
  • Aloe wickensii Pole-Evans

Die geelaalwyn (Aloe cryptopoda) is 'n aalwyn wat wydverspreid voorkom. Dit word gevind in KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes asook in Botswana, Malawi, Mosambiek, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Die plant is naverwant aan Aloe lutescens. A. cryptopoda het groter, stewiger rosette en die raseme is breër. A. lutescens word ook verder noord aangetref.

Die aalwyn is gewoonlik enkelgroeiend en stamloos met digte blaarrosette. Die blomtyd wissel maar dit is gewoonlik van Junie tot Julie. Op sommige plekke blom die plante in Mei, selfs Februarie en Maart.

Die plant se blare is smal en langwerpig, neig na grysgroen en daar is geen dorings op die blare nie. Daar is wel klein, skerp, rooibruin tande aan die rande. Die raseme is smal langwerpig of breed keëlvormig en wissel in lengte: 200 tot 400 mm. Daar is drie hoof-kleurvorms: rooi, geel of tweekleurig. Elke blom is buisvormig en reguit, soms is dit effens boontoe gedraai by die mond en sowat 30 tot 40 mm lank.

Die spesie kom voor in bosveld gebiede op oop gelyktes of teen klipperige hange op hoogtes van 500 tot 1 200 m. Die naam cryptopoda beteken verskuilde voet, 'n verwysing na die blomstele wat deur die groot skutblare verberg word. Die spesie is 'n gewilde tuinplant.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]