Geelchromis
Geelchromis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. analis
|
Binomiale naam | |
Chromis analis (Cuvier, 1830)
|
Die geelchromis (Chromis analis) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan maar is ook al waargeneem by die Aliwal-bank in KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Yellow chromis.
Identifikasie
[wysig | wysig bron]Die vis word tot 15 cm lank. Die vis het 'n ovaalvormige lyf en is geelbruin van kleur. Dit lyf is donkerder aan die bokant as aan die onderkant terwyl die stert wit is. Die punte van die dorsalevin is oranje. Hulle leef in aflandige riwwe in water wat 20 tot 70 m diep is. Die visse is gewoonlik alleenlopers maar kom ook in pare of klein groepies voor en vreet soöplankton.
Alhoewel die vis grootliks in die westelike Stille Oseaan voorkom is dit al opgemerk en gefotografeer by die Aliwal-bank. Die Stille Oseaanspesie het 'n geel stertvin terwyl die Suid-Afrikaanse spesie 'n wit stertvin het, wat kan wees dat die Suid-Afrikaanse spesie 'n subspesie van die ware C. analis is.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- Chromis analis by Fishbase.