Gemsboksuring

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Gemsboksuring
Anacampseros telephiastrum - Botanical Garden in Kaisaniemi, Helsinki - DSC03728.JPG
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. telephiastrum
Binomiale naam
Anacampseros telephiastrum
(Fau) DC.

Die gemsboksuring[1] (Anacampseros telephiastrum DC.) is 'n plant wat endemies is aan Suid-Afrika. Dit kom veral in die Wes-Kaap, maar ook in die suidelike Noord-Kaap, die Oos-Kaap, die Vrystaat en die suide van KwaZulu-Natal voor.[2] Hul volksnaam dui daarop dat dit 'n voorkeur weiplant vir gemsbokke was wat eens in die Karoo voorgekom het.

Dit is 'n dwergvetplantjie wat vlesige blaarrosette vorm. Dit kan matte vorm en bring pienk blommetjies voort aan die eindpunt van 'n soepel raseem. Die blomme gaan slegs vir 'n kort wyle in helder sonlig oop.[3] Dit groei in droë en klipperige streke, veral in die skaduwee van struike of klippe. Dit word dikwels saam met Euphorbia pentagona of Cotyledon tigrina aangetref.[4]

Die plante is reeds voor 1730 in Engeland gekweek, en die blomme is in 1732 uitgebeeld. Tipies sou hierdie plante in glashuise egter normale blomknoppe vorm sonder dat die blomme ooit oopgaan.[3]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. ook: gensboksuring, groothaaskos, haassuring
  2. SANBI-rooilys.
  3. 3,0 3,1 Smith, Christo Albertyn (1966). Common Names of South African Plants. Pretoria: Department of Agricultural Technical Services. p. 226.
  4. Llifle.