Gerda Steyn
Gerda Steyn (gebore 3 Maart 1990) is 'n Suid-Afrikaanse vrouemaraton- en ultramaratonatleet. Sy het die op-Comrades in 2019 in 'n nuwe rekordtyd van 5:58:53 gewen, die eerste vrou ooit wat onder ses uur kon aanteken in die opwedloop.
Haar ouers is Pieter en Trudie Steyn, en sy het 'n suster, Estie, en 'n broer, Stefan. Gerda het op 'n plaas in die omgewing van Bothaville grootgeword en in 2008 haar matriek aan die Hoërskool Bothaville voltooi. Daarna het sy haar as 'n bourekenaar bekwaam aan die Universiteit van die Vrystaat. In 2014 het sy weens werk na Dubai verhuis, waar sy by 'n hardloopklub aangesluit het. Sy het haar puik talent vir hardloop hier ontdek.
Sy het ook die Twee Oseane-ultramaraton in 2019 in 'n tyd van 3:31:28 gewen Haar beste tyd oor die standaardmaraton is 2:27:48, wat sy tydens die New York-maraton in 2019 opgestel het.
Prestasies
Jaar | Wedren | Plek | Posisie | Tyd |
---|---|---|---|---|
2015 | Comrades | Durban | 56 ste | 8:19:08 |
2016 | Twee Oseane | Kaapstad | 14de | 4:15:44 |
2016 | Comrades | Pietermaritzburg | 14de | 7:08:23 |
2017 | Comrades | Durban | 4de | 6:45:45 |
2018 | Twee Oseane | Kaapstad | 1ste | 3:39:32 |
2018 | Comrades | Pietermaritzburg | 2de | 6:15:34 |
2018 | New York Maraton | New York | 13de | 2:31:04[1] |
2019 | Twee Oseane | Kaapstad | 1ste | 3:31:28 |
2019 | Comrades | Durban | 1ste | 5:58:53 |
2019 | New York Maraton | New York | 11de | 2:27:48[2] |