Gespikkelde eenhoringvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gespikkelde eenhoringvis
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Acanthuroidei
Familie: Acanthuridae
Subfamilie: Nasinae
Genus: Naso
(Lacépède, 1801)[2]
Spesie: N. brevirostris
Binomiale naam
Naso brevirostris
(Cuvier, 1829)[3]
Sinonieme

Die Gespikkelde eenhoringvis (Naso brevirostris) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Kenia tot by Durban. Die onvolwasse klein vissies is al opgemerk in Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Spotted unicornfish.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 60 cm lank. Die volwasse vis het die horing tussen die oë op die voorkop wat kenmerkend van die sub-familie is. Die kop en lyf is olyfbruin tot grys met vertikale, donker strepe wat oor die sye strek. Die stertvin is ligkleurig. Daar is soms 'n ligte, blouwit band wat vertikaal oor die voorste gedeelte van die lyf strek. Hierdie band se kleur kan ligter word na aanleiding van die gedrag van die vis. Die onvolwasse visse het klein donker spikkels op die kop en lyf in stede van lyne.

Die onvolwasse vis vreet alge en die volwasse vis vreet soöplankton. Hulle leef in klein groepies saam en verkies die boonste skuins helling van aflandige riwwe in water wat 4 tot 45m diep is. Hierdie spesie is volop.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. [UICN] (en)
  2. Lacépède, B. G. E., 1801. Histoire naturelle des poissons. Hist. Nat. Poiss. v. 3: i-lxvi + 1-558, Pls. 1-34.
  3. Cuvier, G., 1829. Le Règne Animal, distribué d'après son organisation, pour servir de base à l'histoire naturelle des animaux et d'introduction à l'anatomie comparée. Edition 2. Règne Animal (ed. 2) v. 2: i-xv + 1-406.
  4. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]