Gibbaeum dispar
Voorkoms
Duimpie-Snuif | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Caryophyllales |
Familie: | Aizoaceae |
Genus: | Gibbaeum |
Spesie: | G. dispar
|
Binomiale naam | |
Gibbaeum dispar N.E.Br., (1926)
|
Duimpie-Snuif (Gibbaeum dispar) is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom by Van Wyksdorp voor. Daar is slegs een populasie bekend wat bedreig word deur vertrapping deur vee en wild, steengroefontginning om paaie mee in stand te hou, en onwettige versameling deur tuinboukundiges.
Die spesie staan ook bekend as die pappegaaibekvygie en vinger-en-duim-vygie.