Gladde klipkabeljou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Gladde klipkabeljou
Dermatolepis striolata.png
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
D. striolata
Binomiale naam
Dermatolepis striolata
(Playfair, 1867)

Die Gladde klipkabeljou (Dermatolepis striolata) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, vanaf Oman suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Smooth rockcod.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis word tot 85 cm lank. Die vis het 'n diep lyf en die kop se profiel is konkaaf. Die lyf is rooi-bruin met verskeie wit vlekke wat onreëlmatig op die lyf voorkom. Daar is ook donker kolletjies oor die hele lyf. Die onvolwasse visse is bedek met klein, bruin-swart kolletjies, party kolletjies vorm kort strepies.

Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 5 tot 70 m diep is. Die vis is skaam en skuil gewoonlik naby skeure of grotte. Hulle is gewoonlik alleenlopers en kan soms in klein groepies saamleef. Hulle vreet hoofsaaklik vis.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]