Bergaandblom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Gladiolus tristis)
Jump to navigation Jump to search

Bergaandblom
Gladiolus tristis Silvermine Sept 13 (1).jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
G. tristis
Binomiale naam
Gladiolus tristis
L. 1762
Sinonieme
  • Gladiolus aestivalis Ingram,
  • Gladiolus concolor Salisb.,
  • Gladiolus flavidus Ingram,
  • Gladiolus fulvescens Ingram,
  • Gladiolus tristis L. var. aestivalis (Ingram) G.J.Lewis,
  • Gladiolus tristis L. var. concolor (Salisb.) Baker

Die bergaandblom[1] (Gladiolus tristis) is 'n plant wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Dit is 'n meerjarige geofiet wat 60 – 90 cm hoog kan word en stam uit vogtige plekke van die kus tot in die berge. Die plant kan deur sy saad of deur sy knolle vermeerder word en het groot welriekende blomme.[3]

Hierdie spesie was een van die eerste van die genus Gladiolus wat in Europa ingevoer is. In 1745 verskyn dit in Chelsea Physic Garden in Londen, Engeland. Die plant word as snyblom gekweek. Daar is nou talle hibride soos die colvillei-hibride wat uit G. tristis en G. cardinalis ontstaan het.[4]

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. ook: reebokblom, rooi-afrikaner
  2. "SANBI-rooilys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
  3. "Plant world seeds" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017.
  4. Flower Crops: Cultivation and Management A. K. Singh, New India Publishing, 2006, ISBN 8189422359, ISBN 9788189422356 bls. 149