Goeiekaroo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Goeiekaroo
Karoo Bush (Pentzia incana) (31742953344).jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Spesie:
P. incana
Binomiale naam
Pentzia incana
(Thunb.) Kuntze

Die goeiekaroo[1](Pentzia incana) is 'n plant wat inheems aan Suid-Afrika en Namibië is. Dit kom wydverbreid in die Sukkulente Karoo, Nama-Karoo, renosterveld en fynbos voor en word op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.[2]

Die plant is ingevoer in Australië.

Dit is 'n grys, donsige struik wat tot 60 cm hoog word. Die stamtakke is stygend en fyn bekleed met vesels. Blare staan dikwels in bundels bymekaar. Hulle is omgekeerd eier- of wigvormig 3-9 mm lank en 1 tot 2 keer verdeel. Die blomme is geel en lyk soos kamille s'n.[3]

Dit het redelike beweidingswaarde:

EIW SWIW LnregWIW
Weidingsindekswaarde[4] 4 5.7 2.88

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. ook: Alsbossie, Ankerkaroo, Gansie, Gansogiebos, Goedkaro, Karobos, Karoobossie, Kleingansie, Kortbeenkaroo, Rooikarobos, Skaapbossie, Skaapkaroo, Soetkaroo, Vaalkaroo, Vleikaroo, Witkaroobos
  2. "SANBI". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020.
  3. "Atlas of Living Australia" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2019.
  4. P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.