Gousblom
Gousblom | |
---|---|
'n Arctotis-blomhofie | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | |
Genus: | Arctotis L.
|
Tipespesie | |
Arctotis angustifolia | |
Sinonieme[2] | |
|
Gousblomme (veral genus Arctotis) in die Suid-Afrikaanse opsig, is blomplante uit die familie Asteraceae, en veral die Calenduleae- en Arctotideae-tribusse daarvan, wat groot, geel blomhofies voortbring en in die suidweste van Suid-Afrika aangetref word.[3] As Suid-Afrikaanse volksnaam is dit aanvanklik toegepas op spesies in die genera Arctotis en Gazania, maar is later ook toegepas op spesies in die genera Arctotheca en Dimorphotheca,[3] d.w.s. naverwante genera wat ook oranje, geel of wit blomhofies het. 'n Randjie naby Ceres genaamd Gousblomhoogte is byvoorbeeld vernoem na 'n Dimorphotheca-spesie. Die naam is van Nederlandse oorsprong, waar dit verwys na Calendula officinalis, 'n blomplant waarskynlik uit Europa, wat in Nederland en elders as sierplant verbou word. Gousblom beteken "goue blom" en die genusnaam Gazania, wat sinspeel op rykdom, is moontlik ook daaraan te danke.[3]
Algemeen
[wysig | wysig bron]Die Asteraceae is verreweg die grootste familie onder die blomplante. Dit bestaan uit 1677 genera[4] en tussen 13 000 en 20 000 spesies. Dit is versprei oor die meeste vastelande van die wêreld en sluit sulke wyduiteenlopende plante soos kropslaai, sonneblomme en madeliefies in.
Meer as 200 genera word in Suid-Afrika aangetref. Hoewel die naam gousblom dikwels gebruik word vir die plantfamilie Asteraceae, word met gousblomme meestal bedoel die kleiner geel, wit en helderoranje veldblomme en daaruit ontstaande en gekweekte hibrides, wat genera soos Arctotis, Dimorphotheca, Gazania, Arctotheca, Gerbera, Helichrysum en Phaenocoma insluit. Kenmerkend vir alle gousblomagtiges is die saamgestelde bloeiwyse.
Die saamgestelde blomme van die meeste van die spesies is op kenmerkende wyse gerangskik. Aan die bokant van elke blomsteel is daar 'n blombodem waaruit 'n groot aantal klein gousblom blommetjies, elk 'n volledige blom, dig langs mekaar groei. Saam vorm hulle die blomhofie. By die madeliefie, byvoorbeeld, is die skyfblommetjies klein, en die vyf kroonblare is vergroei tot 'n dun, buisvormige blomkroon. Die buitenste straalblomme is heelwat groter en hulle kroonblare is vergroei tot lintvormige uitsteeksels en vorm 'n kleurvolle ring om die blomhofie. Elke blom het vyf meeldrade; die helmknoppe voeg rondom die styl saam en elke vrugbeginsel bevat net een saadjie.
Suid-Afrikaanse spesies
[wysig | wysig bron]Die naam word vir sommige Suid-Afrikaanse inheemse spesies gebruik.[5]
Wetenskaplike naam | Gousblom | Ander name |
---|---|---|
Arctotis acaulis L. | Gousblom[3] | Botterblom, Renostergousblom, Witbotterblom |
Arctotis adpressa DC. | Gousblom | |
Arctotis arctotoides (L.f.) O.Hoffm. | Bittergousblom, Botterblom | |
Arctotis breviscapa Thunb. | Gousblom | Sandveldgousblom |
Arctotis campanulata DC. | Gousblom[3] | |
Arctotis diffusa Thunb. (sinoniem A. canescens) |
Gousblom[6] | — |
Arctotis fastuosa Jacq. | Bittergousblom, Namakwagousblom | |
Arctotis gumbletonii Hook.f. | Bottergousblom[6] | |
Arctotis hirsuta (Harv.) Beauverd | Gousblom | Grysblaargousblom[7] |
Arctotis leiocarpa Harv. | Gousblom | |
Arctotis leptorhiza DC. | Gousblom[3] | Nou 'n sinoniem vir Arctotis breviscapa. |
Arctotis stoechadifolia P.J.Bergius | Gousblom[3] | Bietou, Bitterbos, Bitterbossie, Bittergousblom, Kusgousblom, Wildemagriet, Witgousblom |
Arctotis sulcocarpa K.Lewin | Gousblom | |
Arctotis venusta Norl. | Gousblom | Witgousblom |
Arctotheca calendula (L.) Levyns | Gousblom[3] | Kaapse Madeliefie, Soetgousblom, Tonteldoekblom |
Arctotheca prostrata (Salisb.) Britten | Gousblom[3] | |
Dimorphotheca chrysanthemifolia (Vent.) DC. | Gousblom[3] | Magriet, Geelbergmagriet |
Dimorphotheca cuneata (Thunb.) Less. | Gousblom | Bergbietou, Bosmargriet, Grootbietou, Makbietou, Struikdimorphotheca, Weerprofeet, Witbietou, Witgousblom |
Dimorphotheca sinuata DC. | Gousblom[3] | Namakwalandse madeliefie |
Gazania krebsiana Less. | Bruingousblom,[3] Kleingousblommetjie, Witgousblom | |
Gazania lichtensteinii Less. | Geelgousblom[6] | |
Gazania linearis (Thunb.) Druce | Gousblom[3] | |
Gazania rigens (L.) Gaertn. | Gousblom[3] | Botterblom,[3] Strandbotterblom[8] |
Hirpicium alienatum (Thunb.) Druce | Haarbos, Meerjarige gousblom |
Galery van Arctotis-spesies
[wysig | wysig bron]-
A. acaulis
Gousblom, botterblom, renostergousblom, ens. -
A. arctotoides
Bittergousblom, botterblom -
A. stoechadifolia
Kusgousblom, bietou, wildemagriet, ens. -
A. hirsuta
Gousblom, grysblaargousblom -
A. venusta
Gousblom,
witgousblom
Die sierplant Calendula officinalis
[wysig | wysig bron]Die naam word ook vir 'n spesie gebruik wat waarskynlik uit Europa stam, Calendula officinalis, waarvan baie kultivars as tuinplante gekweek word.[9]
Galery van Calendula officinalis
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ lectotype designated by Green, Prop. Brit. Bot. 183 (1929)
- ↑ Flann, C (ed) 2009+ Global Compositae Checklist[dooie skakel]
- ↑ 3,00 3,01 3,02 3,03 3,04 3,05 3,06 3,07 3,08 3,09 3,10 3,11 3,12 3,13 3,14 Smith, Christo Albertyn (1966). Common Names of South African Plants. Pretoria: Department of Agricultural Technical Services. p. 233.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:319342-2
- ↑ "Species search: GOUSBLOM". Red List of South African Plants. SANBI. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2020. Besoek op 1 November 2016.
- ↑ 6,0 6,1 6,2 Field Guide – Natuurlewe Van Suider-afrika Field Guide Series, Vincent Carruthers, Struik, 2000, ISBN 1-86872-452-2, ISBN 978-1-86872-452-9, bls 237
- ↑ "plantinstock" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2020.
- ↑ "'n Inheemse kustuin" (in Azerbeidjans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2016.
- ↑ "vryburger". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 September 2018. Besoek op 30 Oktober 2016.