Gaan na inhoud

Grassuikerbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Grassuikerbos
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Genus: Protea
Spesie:
P. humiflora
Binomiale naam
Protea humiflora
Andrews, (1808)
Sinonieme
  • Pleuranthe glastifolia Knight
  • Protea humiflorens Willd.
  • Protea humilis R.Br.
  • Scolymocephalus humiflorus (Andrews) Kuntze

Die grassuikerbos (Protea humiflora) is 'n blomdraende struik wat aan die bekende Proteagenus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom vanaf die Du Toitskloofberge tot die Langeberg en Waboomsberge voor. Dit is deel van beide die fynbos- en renosterveld-biome. Die plant word 2 m in deursnee en blom van Julie tot September met die hoogtepunt in Augustus.

'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word in 'n doppie geberg en daarna deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van rotte en muise. Die plant groei op droë hellings van Karoo-fynbos op hoogtes van 450 – 1 200 m.

In Engels staan dit as die Patentleaf sugarbush bekend.

Galery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Bronne

[wysig | wysig bron]