Groot Ljachof-eiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Groot Ljachof
Inheemse naam: Большой Ляховский (ru), Ляхов улахан арыыта (sah)
Groot en Klein Ljachov in rooi
Groot en Klein Ljachov in rooi
Geografie

Ligging Rusland, Arktiese Oseaan
Koördinate 73°26′00″N 142°00′00″O / 73.43333°N 142.00000°O / 73.43333; 142.00000Koördinate: 73°26′00″N 142°00′00″O / 73.43333°N 142.00000°O / 73.43333; 142.00000
Argipel Nieu-Siberiese Eilande

Oppervlakte 4 600 vk km
Hoogste punt Emi Tas 270 m
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Republiek Flag of Sakha.svg Jakoetië

Demografie
Bevolking 0

Die Kighiljag-skiereiland

Die Groot-Ljachofeiland is die grootste eiland van die Ljachof-eilande van die argipel van Nieu-Siberiese Eilande. Die eiland is deel van die buffersone van die Oest-Ljenksi natuurreservaat.

Die eiland word deur die Dmitri Lapjef-straat van die vasteland geskei en deur die Eterikan-straat van die Klein Ljachofeiland wat ten noorde daarvan lê. Groot Ljachof het 'n oppervlak van 4600 km2. Die Kighiljag-berg is die westelikste punt en die Sjalourowa-berg die oostelikste punt. Die hoogste punt is die berg Emi-Tas met 'n hoogte van 270 m.

Kosakke onder Jakof Permjakof en Merkuri Waghin het die eiland die eerste keer in 1712 bereik. Van die groot riviere is die Eterikan-rivier en die Bloednaja (Verlore) rivier. Daar is geen bos nie.

Daar is in 2015 op hierdie eiland die geraamtes van ses mammoete gevind. Hulle vel het goed genoeg bewaar gebly dat dit vir kloning gebruik kan word in die raamwerk van 'n projek wat beoog om die mammoet te laat herleef.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Crystal txt.png Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Russiese Wikipedia. Sien bron.