Groot Sunda-eilande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Groot Sunda-eilande
Inheemse naam: Kepulauan Sunda Besar
Ligging van die Groot Sunda-eilande
Ligging van die Groot Sunda-eilande
Geografie
Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 0°00′S 110°00′O / -0.000°N 110.000°O / -0.000; 110.000Koördinate: 0°00′S 110°00′O / -0.000°N 110.000°O / -0.000; 110.000
Argipel Sunda-eilande
Totale eilande 4
Hoofeilande Borneo, Java, Sulawesi, Sumatra
Oppervlakte 1 448 586 vk km
Hoogste punt Berg Kinabalu 4 095 m
Administrasie
Vlag van Broenei Broenei
Hoofstad Bandar Seri Begawan
Grootste stad Bandar Seri Begawan (50 000)
Vlag van Indonesië Indonesië
Hoofstad Djakarta
Grootste stad Djakarta (9 607 787)
Vlag van Maleisië Maleisië
Hoofstad Kuala Lumpur
grootste stad Kuala Lumpur (1 768 000)
Demografie
Bevolking 240 miljoen
Bevolkingsgroepe Han-Chinese, Javane, Maleiers, Soendanese, Tamils

Die Groot Sunda-eilande (Indonesies en Maleis: Kepulauan Sunda Besar) is 'n argipel van vier groot eilande binne die Maleise argipel langs die ewenaar wat saam met die Klein Sunda-eilande die Sunda-eilande vorm. Die vier eilande is Borneo, Java, Sulawesi en Sumatra, wat tot die grootste eilande ter wêreld behoort. Die vier eilande is geleë tussen die Maleise Skiereiland in die noordweste, die Filippyne in die noorde, die Molukke in die ooste en die Klein Sunda-eilande in die suidooste. Die grootste van die Groot Sunda-eilande is Borneo met 'n oppervlakte van 743 330 km², terwyl Java die mees bevolkte eiland met 'n bevolking van 145 miljoen is.

Die Groot Sunda-eilande word begrens deur die oop Indiese Oseaan in die suide en weste, die Suid-Sjinese See in die noorde, die Sulu- en Celebesseë in die noordooste, die Molukkesee en Bandaseë in die ooste asook die Floressee in die suidooste. Die Javasee is die belangrikste see binne die argipel.

Die grootste deel van die Groot Sunda-eilande word deur die eilandnasie Indonesië beslaan. Die grootste deel van Borneo se kus langs die Suid-Sjinese See vorm die oostelike deel van Maleisië met die klein eksklawe Broenei tussenin, terwyl die oorblywende deel van dié eiland tot Indonesië behoort. Aan die suidoostelike einde van die Straat van Malakka is die stadstaat Singapoer geleë.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]