Grootoog-kaalneus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Grootoog-kaalneus
Reef0747 - Flickr - NOAA Photo Library.jpg
Not evaluated (IUCN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infraphylum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraclass:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Anonymous, referred to E. T. Bennett, 1830
Spesie:
M. grandoculis
Binomiale naam
Monotaxis grandoculis
(Forsskål, 1775)
Sinonieme
  • Sciaena grandoculis Forsskål, 1775
  • Monotaxis indica Anonymous [E. T. Bennett], 1830
  • Lethrinus latidens Valenciennes, 1830
  • Pagrus heterodon Bleeker, 1854

Die Grootoog-kaalneus (Monotaxis grandoculis) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Bigeye barenose.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die vis kan tot 60cm lank word maar die gemiddelde grote is 40cm. Die onvolwasse vis is witterig van kleur met drie swart bande oor die boonste gedeelte van die lyf. Daar is ook 'n kenmerkende swart, vertikale band oor die oog. Met ouderdom word die kop groter en die snoet meer stomp, die swart verdwyn geleidelik en word silwergrys. Dan ontwikkel 'n geel vertikale streep oor die kieue deksel. Die vis leef hoofsaaklik in koraalriwwe in water wat 5 tot 60m diep is. Hulle is alleenlopers of kom ook in klein groepies voor. Die volwasse visse swem bedags saam oor die rif en breek op gedurende die nag waar hulle dan op bodem ongewerweldes jag maak.

Die klein, onvolwasse vissies is alleenlopers en skuil in rommel en sand areas.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]