Gura-waterval

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Gura-waterval is in die Aberdare Nasionale Park in Kenia.

Ligging[wysig | wysig bron]

Die waterval lê in die Gurarivier in die Aberdare-bos in die Aberdare-bergreeks in die sentrale deel van Kenia. Dit is in dieselfde kloof as die Karuru-waterval, maar net mooi aan die teenoorgestelde kant. Die val is ‘n 180 km noord van Nairobi, suidwes van Berg Kenia, 2707 m bo seespieël en net-net suid van die ewenaar by die koördinate 00°31′00″S 36°46′00″O / 0.51667°S 36.76667°O / -0.51667; 36.76667Koördinate: 00°31′00″S 36°46′00″O / 0.51667°S 36.76667°O / -0.51667; 36.76667.

Waterval[wysig | wysig bron]

Die waterval bestaan uit drie vertikale valle met ‘n gesamentlike hoogte van 305 m. Hierdie steilste val in Kenia is ongeveer 9 m breed. Saam met die water van die Karuru-waterval kom die water te lande in ‘n ondeurdringbare kloof. Staptogte word onderneem om die watervalle, voëllewe en welige plantegroei van naby te besigtig.

Ander watervalle[wysig | wysig bron]

In die omgewing van hierdie waterval is die

  • Karuru-waterval, 1,1 km ver
  • Magura-waterval, 5,6 km
  • Chania-waterval, 9 km weg

Ander bekende watervalle in Kenia is die

  • Thomson-waterval (Nyahururu)
  • Lugard-waterval
  • Fourteen-waterval
  • Adamson-waterval
  • Sheldrick-waterval
  • Thirka-waterval
  • Tigoni-waterval

Bibliografie[wysig | wysig bron]

  • africatourer.com
  • fortuneofafrica.com
  • mapcarta.com
  • worldwaterfalldatabase.com