Gydo-tolbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Gydo-tolbos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. gydoense
Binomiale naam
Leucadendron gydoense
I.Williams

Die Gydo-tolbos (Leucadendron gydoense) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom voor in die Koue Bokkeveld en Hexrivierberge.

Die struik word 2.0 m hoog en blom in Oktober. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme.

In Engels staan dit as die Gydo conebush bekend.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]