HMS Hardy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die HMS Hardy.

Die HMS Hardy was 'n torpedojaer van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy het groot roem verwerf tydens die eerste Slag van Narvik; sy was die leier van die Flottielje torpedojaers.

Tegniese besonderhede[wysig]

Sy het 1,445 ton water verplaas en was aangedryf deur twee turbines wat gesamentlik 38,000 skeepsperdekrag gelewer en 'n topspoed van 36 knope verseker het. Sy was toegerus met vyf 4.7-duim kanonne, agt 0,5-duim lugafweer kanonne en agt 21-duim torpedobuise.

Sy is gekelder in 'n latere aksie by Narvik.

Bron[wysig]