Haak-en-steek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Haak-en-Steek)
Spring na: navigasie, soek
Haak-en-steek
S.A. nasionale nommer: 188 [1]
Haak-en-steek in die Serengeti
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Genus: Acacia
Spesie: A. tortilis
Binomiale naam
Acacia tortilis
Hayne
verspreiding
verspreiding

Die Haak-en-steek (Acacia tortilis) is 'n droogtebestande doringboomspesie wat wydverspreid in woestyn-, halfwoestyn- en savannestreke aangetref word. Volwasse bome ontwikkel 'n plat of effens geronde kroon, en die twee doringtipes waarna dit vernoem is, is maklik sigbaar. Die peule word deur wild en vee gevreet wat dan die sade versprei. Ander inheemse name vir die boom sluit in Mosu of Mosunyana in Tswana, umSasane in Zoeloe en Umbrella thorn in Engels.[1]

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Dit kom voor van die woestynstreke in die Midde-Ooste suidwaarts tot in Suid-Afrika. In suider-Afrika is dit teenwoordig in Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Swaziland en die sentrale en noordelike dele van Suid-Afrika. In suider-Afrika toon dit 'n voorkeur vir droë, laagliggende bosveld en grasveld.

Beskrywing[wysig | wysig bron]

Die kroon is aanvanklik gerond, maar word platter namate dit groter raak. Dié boom verskil van baie ander akasias deurdat dit reguit sowel as gekromde dorings het. Albei soorte dorings groei dikwels saam op dieselfde tak wat aanleiding gee tot die naam haak-en-steek. Ander akasias met reguit en krom dorings is die Rooihaak of Vals-haak-en-steek (A. reficiens), die Trassiedoring (A. hebeclada) en die Buikdoring (A. luederitzii).

Die blomme word in wit of roomkleurige hofies gedra. Die boom se saad word in peule gedra wat 5 tot 9 mm breed en op kenmerkende wyse verdraai is. Dié verdraaide peule en die kombinasie van haak- en reguit dorings maak dit maklik om die boom uit te ken.

Kyk ook[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik, 76. ISBN 978-1-77007-759-1.