Hannover CL.III

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hannover CL.III
Hannover CL IIIa, Forest of Argonne, France, 1918 (restored).jpg
'n Duitse Hannover CL.III afgeskiet deur Amerikaanse masjiengeweer vuur.
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Hannoversche Waggonfabrik
Ontwerp deur Hermann Dorner
Nooiensvlug 1917
Hoofgebruiker Duitse Lugmag
Aantal gebou 617

Die Hannover CL.III is 'n Duitse dubbeldekker, tweesitplek vegvliegtuig wat as 'n veeldoelige vliegtuig gebruik was tydens die Eerste Wêreldoorlog. Die Hannover CL.III is 'n verbetering van die Hannover CL.II. Dit was toegerus met 'n 160 perdekrag Mercedes D.III motor en oorhangende rolroere. Daar was slegs agt CL.III's gebou omrede die Mercedes-motor voorkeur gekry het vir eensitplek vegvliegtuie en res van die CLIII's was toegerus met die 180 perdekrag Argus As.III motor. Gevolglik het die vliegtuig nou as die CL.IIIa bekend gestaan. Daar was 537 van die CL.IIIa's gebou.

Die Hannover-reeks was goeie vliegtuie en hoogs beweeglik, was baie robuust en kon baie vyandelike vuur absorbeer. Hulle klim vermoë was nie nie buitegewoon nie maar hulle het 'n hoë perasionele hoogte gehad. Dit het van die vliegtuie uitstekende vegter begeleiers gemaak. Hulle ook ewe maklik op lae hoogtes gebruik word en was later as grondvegters gebruik.

Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron]

Besonderhede van die Hannover CL.IIIa:
Item Statistiek
Aantal motors 1
Tipe motor Skroef
Vervaardiger Argus As.III waterverkoel inlynmotor
Kraglewering van motor 180 perdekrag
Vlerkspan 11,70 m
Lengte 7,58 m
Hoogte 2,8 m
Vlerkoppervlakte 32,70 m2
Maksimum opstygmassa 1,080 kg
Maksimum snelheid 165 km/h op 600 m
Operasionele hoogte 7 500 m
Uithouvermoë 3 uur 0 min
Klimvermoë 3.145 m/s
Bewapening Spandau-masjiengeweer voor en Parrabellum masjiengeweer agter

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]