Hearst Castle

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Casa Grande vorm die hartstuk van die kompleks
Die Casa Grande se vergadersaal
Die uitsig oor die Stille Oseaan
Die kompleks behels binne- en buitemuurse swembaddens. Vir die Neptune Pool of Neptunus-swembad is 'n antieke Romeinse tempelfasade na Kalifornië verplaas
Die binnemuurse sembad in die Romeinse styl

Hearst Castle is 'n kasteelagtige herewoning wat die Amerikaanse persmagnaat William Randolph Hearst (1863–1951) tussen 1919 en 1947 deur die argitek Julia Morgan buite San Simeon in die Sentraalkusstreek van Kalifornië vir homself laat bou het. Ná Hearst se afsterwe in 1951 is die kompleks in 1954 in 'n Kaliforniese Staatspark (California State Park) omgeskep. Vier jaar later het die herehuis, wat omvattende versamelings van kunswerke en antikwiteite huisves, sy deure vir die publiek geopen en word sedertdien as die Hearst San Simeon State Historical Monument bestuur. Die herehuis word gelys as 'n nasionale (National Historical Landmark) en Kaliforniese (California Historical Landmark) historiese monument.

Hearst het die herewoning, wat op 'n heuweltop naby die nedersetting San Simeon ontstaan het, formeel La Cuesta Encantada ("Die Betowerde Heuwel") genoem, maar gewoonlik daarna net as the ranch verwys (dit was immers op sy uitgestrekte landgoed geleë). In 1947 het die heuweltop-kompleks onder meer uit die hoofgebou met twee torings, drie weelderige gashuise en 127 akkers terrastuine met fonteine en swembaddens bestaan.[1]

Die Casa del Mar - die Spaanse naam beteken "Huis van die See" - bied 'n uitsig oor die ongerepte natuurskoon van Kalifornië se Sentraalkus en die Stille Oseaan. Hierdie klein villa is die mees formele en versierde gebou op die Betowerde Heuwel waar Hearst die laaste jare in die kompeks deurgebring het.

Verwysings[wysig | wysig bron]