Helsinkise Metro

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Hakaniemi-stasie in februarie 2018.
Kaart van die metrostelsel.

Die Helsinkise Metro (Fins: Helsingin metro, Sweeds: Helsingfors metro) is 'n openbare vervoerstelsel wat die stede van Helsinki en Espoo in die Finse hoofstadsgebied bedien. Dis die enigste moltreinstelsel in Finland en ook die noordelikste in die wêreld.[1]

Die moltreinstelsel is in 1982 tussen die stasies van Rautatientori en Herttoniemi geopen, en is tydens die volgende 16 jaar na Ruoholahti in die weste, Mellunmäki in die noordooste en Vuosaari in die ooste uitgebrei. 'n Westelike uitbreiding (Länsimetro) wat strek van Ruoholahti, die voormalige westelike terminus, in die ooste tot Matinkylä in die buurstad Espoo in die weste is in 2017 geopen.

Die huidige 35 km lank netwerk bestaan uit 25 stasies waarvan 16 ondergrondse en nege bogrondse is. Die moltreinstelsel se twee lyne, M1 tussen Matinkylä en Vuosaari en M2 tussen Tapiola en Mellunmäki, bedien altesaam 63 miljoen passasiers per jaar.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (fi) "Maailman pohjoisin metro viettää syntymäpäiväänsä". MTV Uutiset. 2 Augustus 2007. Besoek op 15 November 2019.
  2. (fi) "Metroasemien käyttäjämäärät". HKL. 23 Julie 2019. Besoek op 15 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]