Henco Venter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Henco Venter Sportportaal
Volle naam Hendrik Petrus Venter
Geboortedatum 27 Maart 1992 (1992-03-27) (25 jaar oud)
Geboorteplek Bloemfontein, Suid-Afrika
Lengte 1,87 m
Gewig 97 kg
Skool Grey-kollege
Universiteit Universiteit van die Vrystaat
Vername familie Ruben Kruger
Beroep Professionele Rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Flank/Agtsteman
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2013 Shimlas 11 (0)
korrek soos op 3 Junie 2015.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2012 Vrystaat 15 (5)
korrek soos op 3 Junie 2015.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
2014– Cheetahs 30 (5)
korrek soos op 12 Augustus 2017.

Henco Venter (* 27 Maart 1992) is ’n rugbyspeler wat vir die Cheetahs as flank speel in die Superrugbyreeks en vir die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse. Venter is ’n neef van oud-Springbok Ruben Kruger.[1]

Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]

Venter is ’n teologiestudent aan die Universiteit van die Vrystaat.[2]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Jeug[wysig | wysig bron]

Venter het die Vrystaat in 2005 in die o/13 Cravenweektoernooi verteenwoordig. In 2008 het hy dieselfde provinsie in die o/16 Grant Khomo-week verteenwoordig en is hy gekies vir die o/16 Elitespan. Hy het in die volgende jaar ook in die Akademieweek gespeel. In 2011 is Venter ingesluit in die Vrystaatse o/19-span wat aan die provinsiale toernooi deelgeneem het, en in die volgende twee jaar het hy die Vrystaat op o/21-vlak verteenwoordig.

Hy het ook in die Varsitybeker vir die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat gespeel. Aan die einde van die 2015-toernooi is Venter ingesluit in die Varsitybeker Droomspan wat ’n vriendskaplike wedstryd teen die Suid-Afrikaanse nasionale o/20 rugbyspan in Stellenbosch gespeel het.[3]

Vrystaat Cheetahs/Cheetahs[wysig | wysig bron]

Venter het sy debuut vir die Vrystaat Cheetahs gemaak in die Promosie-/relegasiewedstryde vir die 2013 Curriebekerseisoen teen die Oostelike Provinsie.[4] Hy is ook ingesluit in die span vir die 2013 Curriebeker Premierafdeling.[5]

In Julie 2014 het Venter sy kontrak met die Vrystaatse Rugbyunie tot aan die einde van 2015 verleng.[6]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Coetzee, Gert (29 Januarie 2010). "'Groot gevoel' om nes sy oom Ruben met nr. 7-trui te speel". Volksblad. Verkry op 2 Julie 2014. 
  2. Kock, Owen (4 Julie 2017). "Ek wou Elstadt nie slaan, sê Henco" (html). Netwerk24. Verkry op 12 Augustus 2017. 
  3. (en) "Wedstrydontleding: Varsitybeker XV tn Suid-Afrika U/20". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 21 April 2015. Verkry op 21 April 2015. 
  4. (en) "Oostelike Provinsie Kings tn Toyota Vrystaat Cheetahs". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. 26 Oktober 2012. Verkry op 24 Julie 2013. 
  5. (en) "2013 Vrystaat Cheetahs Curriebekerseisoen". Suid-Afrikaanse Rugbyunie. Verkry op 24 Julie 2013. 
  6. Thormählen, Jóhann (25 Julie 2014). "Vrystaat belê in jonges". Volksblad. Verkry op 25 Julie 2014.