Hendrik Johannes van Eck
Voorkoms
Hendrik Johannes van Eck | |
---|---|
Gebore | 27 April 1902 |
Sterf | 18 Februarie 1970 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Chemiese ingenieur |
Bekend vir | Hoof van NOK Voorsitter van Yskor |
Eggenoot | Helene Rau |
Kinders | 3[1] |
Ouer(s) | Casparus Petrus van Eck Susanna Christina van der Westhuizen |
Dr. Hendrik Johannes van Eck (27 April 1902 – 19 Februarie, 1970[2]) was 'n Suid-Afrikaanse ingenieur en nyweraar. Hy is naby Kimberley gebore en studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, in Leipzig, Duitsland asook in Berlyn. By laasgenoemde spesialiseer hy in chemiese ingenieurswese. Hy sluit aan by Yskor as werkbestuurder. In 1940 word hy aangestel as een van die uitvoerende hoofde by die Nywerheid-Ontwikkelingskorporasie (NOK) toe dié gestig word. Hy het later vir dr. H.J. van der Bijl as voorsitter opgevolg. Onder sy leiding het die NOK groot sukses en voorspoed behaal. In 1965 is hy tot voorsitter van Yskor benoem.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Rekord op ancestry.co.uk, besoek op 21 Desember 2014
- ↑ Profiel op sahistory.org.za Geargiveer 30 Junie 2018 op Wayback Machine, besoek op 21 Desember 2014