Hermannsburg
Voorkoms
Hermannsburg | |
---|---|
Koördinate: 29°7′30″S 30°51′0″O / 29.12500°S 30.85000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distriksmunisipaliteit | uMzinyathi |
Plaaslike Munisipaliteit | uMvoti |
Stigting | 1854 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 3508 |
Skakelkodes | 033 |
Hermannsburg is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika en is 20 km oos van Greytown.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorpie het ontstaan in 1854 toe pastoor Louis Harms 'n sendingstasie hier begin het op die plaas Perseverance. Die sendingstasie is vernoem na Hermannsburg in Duitsland, internasionale hoofkantoor van die sendinggenootskap. Die sendingstasie het 'n skool ingesluit, gestig in 1856, waar onder ander Louis Botha onderrig ontvang het. Dit bestaan vandag nog as die tweetalige (Duits en Engels), privaat Deutsche Schule Hermannsburg.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.