Hermanus Steyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hermanus Steyn

President van die Republiek van Swellendam
Ampstermyn
Junie 1795 – November 1795
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur Amp afgeskaf

Persoonlike besonderhede
Gebore 1743
naby Bruintjiesrivier, Nederlandse Kaapkolonie (nou Wes-Kaap, Suid-Afrika)
Sterf ca. 1804
Eggenoot/eggenote Margaretha van Staden

Hermanus Steyn (1743 – 1804) was die President van die Republiek van Swellendam. Hy is in 1743 naby Bruintjiesrivier, wat destyds die grens van die Nederlandse Kaapkolonie was, gebore. Hy trou in 1765 met Margaretha van Staden en vestig hom naby Swellendam waar hy gou agting by sy bure afdwing. Hy stel baie belang in die Patriotbeweging aan die Kaap in die jare 1770. Toe die bewind van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie in 1795 tot 'n val kom en die Swellendamse burgers hulle eie Republiek in die lewe roep, is hy as President verkies. 'n Paar maande ná die aankoms van die Britte, is daar 'n einde aan hierdie Republiek gemaak. Hy is omstreeks 1804 oorlede.

Bron[wysig | wysig bron]