Hilary Bradt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Hilary Bradt 2006-05-12.jpg

Hilary Bradt

Engelse reisskrywer en uitgewer


Gebore
17 Julie 1941



Literêre genres

Reisliteratuur (reisgidse)

Hilary Bradt (* 17 Julie 1941) is 'n Engelse reisskrywer en uitgewer wat bekendheid verwerf het as die stigter van Bradt Travel Guides, 'n Britse reeks van reisgidse waarvan die eerste in 1974 gepubliseer is. Die uitgewery, wat homself as een van die baanbrekers vir volhoubare toerisme beskou, is in Chalfont St. Peter, Engeland gesetel.

Vanaf 1973 het Bradt saam met haar man George agttien maande lank as rugsaktoeris deur Colombia, Vuurland, Argentinië en Brasilië gereis. Later het die twee besluit om hul eie reisgidse uit te gee. Die eerste gids in die reeks was Backpacking along Ancient Ways in Peru and Bolivia.[1]

Bradt-reisgidse is in die beginjare dikwels deur Hilary en George Bradt geskryf en het aanvanklik veral eksotiese of minder bekende reisbestemmings soos Rwanda en Albanië gedek, 'n marknis wat hulle steeds vul. Dikwels het Bradt-gidse bestemmings behandel wat deur ander reisgids-uitgewerye nog nie gedek is nie. So het in Oktober 2013 'n reisgids oor Suid-Soedan verskyn, met voornemende toeriste, sakereisigers en hulpwerkers as teikengroep. Bradt-reisgidse is met 'n aantal pryse bekroon.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Hilary Bradt: Backpacking along Ancient Ways in Peru and Bolivia. 1ste uitgawe. Chalfont St. Peter 1974
  2. bradtguides.com: Awards