Hokkaido

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hokkaido
Hokkaido-eiland, Japan
Hokkaido-eiland, Japan
Geografie
Ligging Oos-Asië
Koördinate 43°N 142°O / 43°N 142°O / 43; 142Koördinate: 43°N 142°O / 43°N 142°O / 43; 142
Argipel Japanse Argipel
Oppervlakte 83 454 km²
Hoogste punt Asahidake 2 290 m
Administrasie
Vlag van Japan Japan
Subprefekture
Hoofstad Sapporo
Grootste stad Sapporo (1 890 561)
Demografie
Bevolking 5 507 456
Bevolkingsgroepe Japanners, Ainu
Die wêreld se 21ste grootste eiland en die tweede grootste eiland van Japan
Nasa-Satellietbeeld van Hokkaido
Vlag van die Hokkaido-prefektuur

(北海道? letterlik "Noordsee Weg", Ainu: Ainu Mosir), voorheen bekend as Ezo, Yezo, Yeso, of Yesso, is Japan se tweede grootste eiland en die mees noordelike van die 47 Prefekture van Japan. Dit word deur die Tsugaru-seestraat van Honsjoe, die Japanse hoofeiland, geskei. Intussen word die twee eilande egter deur 'n onderwatertonnel, die Seikan-tonnel, met mekaar verbind.

As die Noordelike Gebiede - eilande noord van Hokkaido - ingereken word, beslaan die eiland met sowat 83 500 km² 'n vyfde van Japan se oppervlakte. Sapporo is die hoofstad en belangrikste stedelike gebied.

Alhoewel Hokkaido slegs anderhalf vlieguur noord van die Japanse hoofstad Tokio geleë is, word na die yl bevolkte eiland (sy 5,5 miljoen inwoners verteenwoordig minder as vyf persent van Japan se algehele bevolking) met sy ongerepte woude en wildernis dikwels as Japan se "laaste grens" verwys.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]