Hotel Oekraïne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Hotel Oekraïne in die aand.

Die Hotel Oekraïne is ’n vyfsterhotel in die middestad van Moskou, op ’n draai van die Moskwarivier, onder bestuur van die Rezidor-hotelgroep. Dit word ook die Radisson Royal Hotel, Moscow genoem.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die Hotel Oekraïne is deur Josef Stalin laat bou.[1] Dit is deur Arkadi Mordwinof en Wjatsjeslaf Oltarzjefski ontwerp en is die tweede hoogste van die neoklassieke "Sewe Susters" van Stalin in die stad: dit is 198 m hoog en het 34 verdiepings. Dit was sedert sy konstruksie die hoogste hotel in die wêreld tot in 1976, toe die Westin Peachtree Plaza Hotel in Atlanta, Georgia in die VSA, geopen het.

Die hotel Oekraïne het op 25 Mei 1957 geopen.[2] In 2007 is dit gesluit vir ’n algehele restourasie. In 2009 het die eienaars ’n kontrak met die Rezidor-hotelgroep geteken vir die bestuur van die hotel as die Radisson Royal Hotel, Moscow. Vir sekere doeleindes behou die hotel egter sy ou naam.

Dit het op 28 April 2010 heropen met onder meer 505 slaapkamers, 38 woonstelle, 5 restaurante, ’n konferensiesentrum, biblioteek, spa en ’n vloot rivierseiljagte.

Sowat 1 200 oorspronklike skilderye deur die mees vooraanstaande Russiese kunstenaars van die eerste helfte van die 20ste eeu is in die hotel te sien.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Koördinate: 55°45′5″N 37°33′55″O / 55.75139°N 37.56528°O / 55.75139; 37.56528