Mantis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Hottentotsgot)
Spring na: navigasie, soek
Mantis
'n Mantis verslind 'n by
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Subklas: Pterygota
Infraklas: Neoptera
Superorde: Dictyoptera
Orde: Mantodea
Families

Chaeteessidae
Metallyticidae
Mantoididae
Amorphoscelididae
Eremiaphilidae
Hymenopodidae
Liturgusidae
Mantidae
Empusidae

'n Mantis, voorheen meer bekend as 'n hottentotsgot, is 'n insek wat tot die orde Mantodea behoort. Daar is ongeveer 2 200 verskillende spesies, versprei oor nege families.[1] Hierdie insekte word dwarsoor die wêreld in matige en tropiese habitatte aangetref.

Die mantis se naaste verwante ordes is die termiete (Isoptera) en kakkerlakke (Blattodea); hierdie drie groepe word soms saam as een orde geklassifiseer, eerder as drie ordes wat tot dieselfde superorde behoort.

Die mantis is 'n vleisetende insek met vier vlerke, 'n besonder lang voorborsstuk en voorpote met hake. Die voorpote word omhoog gehou en gebruik om die insek se prooi te vang en vas te hou. Hulle vreet veral insekte en ander klein goed, maar ook soms klein voëltjies.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]