Houtsuiker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Struktuur van α-D-xilose

Houtsuiker of xilose ("xulon" is die Griekse woord vir hout) is 'n aldopentose, 'n enkelvoudige suiker waarvan die molekuul slegs vyf koolstofatome bevat.

Metabolisme[wysig | wysig bron]

Dit kan ongelukkig nie deur die menslike liggaam gebruik word nie. Daar is egter giste en swamme wat dit kan verteer en hulle vervaardig spesiale ensieme om dit moontlik te maak, soos xilose-reduktase en xilose-isomerase. Dit is reeds waargeneem by Pachysolen tannophilus, Pichia stipitis, Pullularia pullulans en Fusarium oxysporum. Indien aan organismes soos Pachysolen tannophilus of Candida utilis sowel D-glukose as D-xilose aangebied word, gee hul nogtans voorkeur aan die glukose.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Microbial Pentose Utilization: Current Applications in Biotechnology A. Singh, P. Mishra Elsevier, 1995, ISBN 0-08-054493-2, ISBN 978-0-08-054493-9