Hydra (mitologie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Estiese kunstenaar Nikolai Triik se Geveg met Hydra.

Hydra, of die Waterslang, was in die Griekse mitologie ’n slangagtige watermonster. Dit het meer koppe gehad as wat skilders kon uitbeeld (maar dit is ook bekend as ’n negekoppige slang). Vir elke kop wat afgekap is, het twee in die plek daarvan gegroei en daarom was die slang onsterflik, solank as wat hy een kop behou het. Sy asem was giftig en selfs die reuk van sy bloed kon iemand doodmaak.[1]

Dié monster het by die Lernameer gehou en is dus ook bekend as die Waterslang van Lerna. Onder die water van Lerna was ’n ingang na die onderwêreld en die waterslang het dit bewaak.[2]

Die Hydra is deur Herakles doodgemaak met die hulp van sy broerskind Iolaus as die tweede van sy twaalf take, deurdat Herakles sy neus met ’n doek toegehou het en Iolaus elke kop wat hy afgekap het, met ’n vlam geskroei het sodat nuwe koppe nie kon teruggroei nie. Die Hydra se laaste kop is afgekap met ’n goue swaard wat Athena vir Herakles gegee het.

Sterrekunde[wysig | wysig bron]

In een weergawe van die mite het Hera ’n krap na die vegtoneel gestuur om Heraklas se voete te byt in die hoop dat dit sy dood sou veroorsaak. Volgens miteskrywers is Hydra en die krap in die lug geplaas nadat Herakles hulle doodgemaak het. Wanneer die Son in die teken van die Krap is, is die Noordelike Waterslang se kop naby daaraan.

Hydra is ook die naam van ’n maan van die dwergplaneet Pluto.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Hyginus, Gaius Julius, bl. 30.
  2. Kerenyi, Carl (1959). The Heroes of the Greeks.  bl. 143.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie
Oergode  AitherChaosChronosErebosGaiaHemeraNyxPontosTartarosUranos
Titane  Eerste geslag:  HyperionIapetosKoiosKriosKronosMnemosyneOkeanosPhoibeRheaTethysTheiaThemis Tweede geslag:  AsteriaAtlasEosEpimetheusHeliosLetoMenoitiosPrometheusSelene
Olimpiese gode  AfroditeApolloAthenaAresArtemisDemeterDionisosHephaistosHeraHermesPoseidonZeus • (Hestia)
Ander gode  AdonisAlpheiosAsklepiosErosHadesHebeHeraklesPanPersephonePlouton
Halfgode & helde  AchillesAntiopeDaidalosGanymedesIkarosJasonOidipusOrpheusPeleusPenelopePerseusSisyphosTantalosTheseus
Ander wesens  AmasonesCharonChtoniese godeEriniërsGiganteGorgoneGrasieëHonderdhandigesHydraKerberosMinotourusMusesNimfeSatersSentoureSiklopeSkikgodinneStyx