ILFC

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
International Lease Finance Corporation (ILFC)
Tipe Afdelingsmaatskappy
Gestig 1973
Hoofkantoor Century City, Los Angeles, KaliforniëVerenigde State
SleutelpersoneHenri Courpron (hoof uitvoerende beampte)
Fred Cromer (voorsitter van die Raad)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieVliegtuigverhuring en verkope
Inkomste$4,73 miljard (2007)
Netto inkomste$604 miljoen (2007)
Werknemers209 (Maart 2013)
MoedermaatskappyAerCap
Webwerfilfc.com
ILFC se korporatiewe hoofkwartier, Constellation Place

Die International Lease Finance Corporation (ILFC) is 'n vliegtuigverhuurder met sy hoofkwartier in Constellation Place (voorheen die MGM-Toring) in Century City, Los Angeles, Kalifornië.

Dit is die wêreld se grootste vliegtuigverhuurder in waarde, al besit ILFC se mededinger, General Electric se GECAS-eenheid, meer vliegtuie. Dit verhuur Boeing- en Airbus-vliegtuie aan die meeste groot lugdienste wêreldwyd, insluitend Aeroméxico, Air Canada, Asiana Airlines, Delta Air Lines, Korean Air, Cathay Pacific, Cyprus Airways, Air France, KLM, Lufthansa, Alaska Airlines, American Airlines, Air India, United Airlines, Norwegian Air Shuttle, Pakistan International Airlines, Suid-Afrikaanse Lugdiens, Emirates en Gulf Air.