Iberiese Skiereiland
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Iberiese skiereiland)
Die Iberiese Skiereiland is die deel van Europa wat suid van die Pireneë-bergreeks lê. Die skiereiland word omring deur die Middellandse See, die Atlantiese Oseaan en die Golf van Biskaje. Dit het 'n oppervlakte van 582 530 km². Van die belangrikste riviere sluit in Ebro, Taag, Douro, Guadiana en Guadalquivir. Die belangrikste stede is die twee hoofstede van Portugal en Spanje, onderskeidelik Lissabon en Madrid, asook Barcelona, Málaga, Porto, Sevilla en Valencia.
Lande en gebiede
[wysig | wysig bron]Die volgende lande en gebiede lê gedeeltelik of ten volle op die Iberiese Skiereiland:
- Andorra, 'n dwergstaat in die Pireneë
- Frankryk, enkele bergdale in die Pireneë
- Spanje
- Portugal
- Gibraltar, 'n Britse oorsese gebied aan die suidelike punt van Spanje
Tale
[wysig | wysig bron]Die volgende tale word in die gebied gepraat:
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Iberian Peninsula. |
- (en) "Iberian Peninsula". Encyclopædia Britannica. Besoek op 2 Maart 2019.