Igor Oistrakh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Igor Oistrakh (regs) in 1957 met sy vader David (links) en dirigent Franz Konwitschny

Igor Davidovich Oistrakh (Oekraïens: Ігор Давидович Ойстрах; Russies: И́горь Дави́дович О́йстрах; gebore op 27 April 1931) is 'n Russiese violis.[1]

Lewe en loopbaan[wysig | wysig bron]

Oistrakh was in Odessa, Oekraïne (toe deel van die Sowjetunie) gebore en is die seun van Tamara Rotareva en die violis David Oistrakh. Hy het die Sentrale Musiekskool in Moskou bygewoon en sy konsertbuiging in 1948 gemaak. Van 1949 tot 1955 het hy by die Moskou Staat Tsjaikofski Konservatoria gestudeer en in 1949 die Internasionale Vioolkompetisie in Boedapest gewen asook die Henryk Wieniawski Vioolkompetisie in Poznań in 1952. Hy het daarna in 1958 by die fakulteit van die Konservatoria aangesluit en in 1965 'n lektor daar geword. Oistrakh hou sedert 1996 die pos van Professor van die Koninklike Konservatoria van Brussel.

Oistrakh het gereeld internasionaal as beide solis, in gesamentlike uitvoerings met sy vader, of met sy vader as dirigent, opgetree. Hy is bekend om sy nugtere en modernistiese interpretasies.

Die asteroïde 42516 Oistrach is ter ere van hom en sy vader vernoem.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Igor Oistrakh - Biography. Britannica.com

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]