Internasionale Bofbal Federasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Sjabloon:Infobox Organization

Die Internasionale Bofbal Federasie (IBAF; Spaans: Federación Internacional de Béisbol, Frans: Fédération internationale de baseball) is die voormalige wêreldwye beheerliggaam wat erken is deur die Internasionale Olimpiese Komitee as die gesagsliggaam wat bofbal organiseer, bindende besluite daaroor maak, en die beleid van die sport van bofbal uitvoer.

Die IBAF het sedertdien die internasionale bofbal "Afdeling" van die Wêreld Bofbal-Sagtebal Konfederasie (WBSC) , die amptelik erkende beheerliggaam vir bofbal (en sagtebal), geword.

Een van die IBAF se hoof verantwoordelikhede onder die WBSC is die organisering, standaardisering en sanksionering van internasionale kompetisies tussen bofbal se 124 nasionale beheerliggame deur die organisering van verskeie toernooie om 'n wêreldkampioen aan te wys en die IBAF Wêreldranglys vir beide mans en vroue bofbal te bereken.

Voor die stigting van die Wêreld Bofbal en Sagtebal Konfederasie, wat sedertdien die gesagsposisie van die Internasionale Bofbal Federasie vervang het, was die IBAF die enigste entiteit wat die titel van "wêreldkampioen" kon toewys aan enige verteenwoordigende bofbalspan. Die IBAF se kantore is geleë binne die WBSC hoofkwartier in Lausanne, Switserland—die Olimpiese Hoofstad.

Notas[wysig | wysig bron]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Verwysings[wysig | wysig bron]